Zambezi-raadslede in arres oor tender van N$4,7 m.
Polisie, ACC ondersoek betaling
Ses Zambezi-streekraadsamptenare, insluitend die streekhoofbeampte, is verlede week in hegtenis geneem.
Kenya Kambowe - ’n Betaling van N$4,7 miljoen aan ’n maatskappy wat gekies is vir ’n tender wat nooit geadverteer is nie – en vir werk wat nie gedoen is nie – het gelei tot die inhegtenisneming van ses Zambezi-streekraadsamptenare, insluitend die streekhoofbeampte, Regina Ndopu-Lubinda.
Lede van die Namibiese polisie (Nampol) en agente van die Teenkorrupsiekommissie van Namibië (ACC) het die ses verlede week in hegtenis geneem.
’n Ondersoek het vasgestel dat die geld uit ’n ander begrotingsafdeling getrek is, ’n afwyking van die normale praktyk.
Na bewering het Ndopu-Lubinda die betaling uit die streekraad se koffers gemagtig nadat die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling geweier het om dit goed te keur.
Die ander vyf verdagtes is glo deel van ’n administratiewe groep wat betrokke is by ’n skema om die streekraad te bedrieg, volgens Nampol.
Betalings wat die amptenare na bewering ontvang het om die transaksie te fasiliteer vir Denchi Consulting Engineers, wat spesifiek gekies is vir die onvolledige kontrak, sal ook ondersoek word.
BORGTOG
Die polisie het Ndopu-Lubinda verlede Maandag saam met Beaven Walubita, die hoof van beplanning en landelike ontwikkeling; die adjunkdirekteur van beplanning, Cletius Mubita; en die hoofbeplanner, Daniel Mbala, in hegtenis geneem ná ’n ACC-ondersoek na die saak.
Hulle het dieselfde dag in die landdroshof op Katima Mulilo verskyn en is borgtog van N$50 000 elk toegestaan. Die saak is tot 7 Desember uitgestel.
Later daardie dag is nog twee amptenare – die adjunkdirekteur vir administrasie, Abraham Shikoyeni, en Nimrod Lichela, die hoofrekenmeester van die streekraad – in hegtenis geneem.
Die twee het verlede Dinsdag in die hof verskyn en is ook borgtog van N$50 000 toegestaan.
Polisiebronne het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê Ndopu-Lubinda het Denchi gekies sonder om prosedures te volg soos uiteengesit in die Wet op Openbare Verkryging.
Sy het na bewering die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling versoek om die betaling te maak, maar toe sekere tender- of kontrakdokumentasie vir bevestiging versoek is, is vals notules geskep en aan die ministerie gestuur.
Nadat die ministerie geweier het om te betaal, het Ndopu-Lubinda glo verseker die geld word deur die streekraad self betaal.
Kort daarna het sy na bewering N$100 000 in die streekraad se rekening inbetaal om haar behuisingstoelae te vereffen nadat bevind is sy woon in ’n staatshuis – al was sy nie op dié byvoordeel geregtig nie.
Mubita, wat ook onwettig in ’n staatshuis gewoon het, het N$50 000 in die raad se bankrekening oorgeplaas nadat Denchi betaal is.
NIE ONS BESLUIT
Nghidinua Daniel, die uitvoerende direkteur, het vandeesweek gesê dit is nie die ministerie se prerogatief om die betrokke amptenare te skors nie.
“Sou ’n skorsing nodig word, mag ’n werknemer slegs deur ’n werkgewer – in hierdie geval die Zambezi-streekraad – geskors word. Dit is ’n administratiewe proses.”
Hy het bygevoeg: “Die hoogste gesag in ’n streekraad en die aanstellende gesag of werkgewer van ’n streekhoofbeampte is die beheerraad, onder leiding van ’n voorsitter en bestaande uit kiesafdelingsraadslede.”
IN DIE DUISTER
’n Amptenaar van die Zambezi-streekraad - wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het – het gesê hy het op sosiale media van die senior administrateurs se arrestasies verneem.
Die raadslid het bygevoeg dit is jammer dat administrateurs van wie verwag word om die daaglikse bedrywighede van die raad te bestuur, in boeie geslaan is oor korrupsiekwessies terwyl lede van die gemeenskap swaarkry.
Kwessies met betrekking tot tenders en verkryging word uitgevoer deur die administrateurs wat nou bewys het hulle kan nie met openbare fondse vertrou word nie, het hy gesê. – [email protected]
“As raadslede is ons in die duister. Die vraag is nou of ons hulle kan vertrou aangesien hulle die beeld van die streekraad skade berokken het? Wat sal die publiek van ons as leiers dink?”
Die raadslid het voorgestel dat die voorsitter van die streekraad, Matengu Simushi, ’n dringende vergadering belê om die saak te bespreek.
Pogings om kommentaar van Simushi te kry, was tot dusver onsuksesvol.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie