Rough & Tough om die draai

Iréne-Mari van der Walt
Die gewilde tydren vir liefhebbers van klassieke motors en veldmotors, die Rough & Tough Rally, sal vanjaar vanaf 16 tot 19 Mei plaasvind.

Ongeveer 280 deelnemers met 78 renmotors en 35 ondersteuningsvoertuie het verlede jaar 1 000 kilometer in drie dae deur Damaraland afgelê.

Die Rough & Tough Rally het sedert 2018 meer as N$3 miljoen ten bate van die Kankervereniging van Namibië (CAN) ingesamel, met ’n rekordbedrag van N$1,1 miljoen wat verlede jaar aangeteken is.

CAN se uitvoerende hoof, Rolf Hansen, het Vrydag by die opening van ’n nuwe palliatiewe sorgeenheid in die hoofstad gesê dat dié eenheid hoofsaaklik moontlik gemaak is met fondse wat deur die Rough &Tough Rally ingesamel is.

Philipie Baard het die tydren begin om ’n avontuur vir motorentoesiaste te skep en wat terug in die gemeenskap kan ploeg. Die Rough & Tough Rally het blitsvinnig een van die gunstelingitems op motorentoesiaste se kalender geword.

Motors moet ouer as 30 jaar wees (voor 1990 vervaardig) om aan die Rough & Tough-tydren deel te neem en die oorspronklike waarde van die motor mag nie meer as N$35 000 wees nie. Elke motor moet ook minstens 300 kilometer op ’n tenk brandstof kan aflê.

Deelnemers word elke jaar aangemoedig om volgens ’n tema aan te trek en om hul motor ook volgens die tema te versier.

Motorentoesiaste kan tot 27 April vir dié ervaring inskryf.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!