Die woestyn in kleur getooi
Die Suide is tans in die kleurvolste blommeprag geklee; veral tussen Aus en Lüderitz het die woestyn ’n geel skynsel. Voor Rosh Pinah en rondom Aus is dit hoofsaaklik geel en pers. Die blomme strek tot waar die oog kan sien en wanneer jy in die veld stap besef jy eers dat daar verskillende skakerings van geel, pers, wit, orange en tweekleurige blomme is. Selfs ’n sampioen is op Angra-punt op Lüderitz se skiereiland gevind. Wurms wat die blomme vreet asook kleurvolle kewers en selfs bye kom volop voor. Ons nooi ons lesers uit om meer inligting oor die verskillende blomme en dalk oor die sampioen in die woestyn te verskaf. Julle kan ’n e-pos na [email protected] stuur. Ons sal die inligting graag met die ander lesers wil deel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie