Herlewingslandboutoer na Noord-Kaap gee nuwe insigte
Die Namibië Landbou-unie (NLU) se herlewingslandboutoer het verlede week vanaf Windhoek na die Noord-Kaapprovinsie van Suid-Afrika afgeskop. Altesaam 59 verteenwoordigers het aan die toer deelgeneem om meer te leer en waardevolle insigte te verkry oor herlewingslandboupraktyke in die Noord-Kaap wat ook deur jare lange droogte geteister is. Dr. Louis du Pisani, ’n ervare onafhanklike konsultant wat onder meer spesialiseer in gewasbeskerming, saadtegnologie, kunsmis en graan, het as toerleier opgetree. Met sy uitgebreide agtergrond in strategiese en finansiële kwessies oor die landbousektor, het Du Pisani deskundige leiding gegee oor belangrike praktyke wat die Namibiese landbousektor raak. Drie van Feedmaster Namibia se tegniese adviseurs, Christo van Zyl, Richard Peens en Markus du Plessis, het ook die reis meegemaak wat verskeie plase besoek het. Die toer is moontlik gemaak met die ondersteuning van Feedmaster Namibia en Agrimark Namibia, wat innovasie en groei in die landboubedryf ondersteun. Foto’s Richard Peens
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie