Nóg grasie vir registrasie van boorgate, damme
Verwarring, uitdagings met proses
Die indieningsperiode vir lisensie-aansoeke is met 'n verdere agt maande tot einde Oktober verleng.
Grondeienaars het bykomende tyd gekry om hul boorgate en damme tot aan die einde van Oktober 2025 te registreer.
Die Namibië Landbou-unie (NLU) het op 14 Maart skriftelike bevestiging van die voormalige minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, ontvang, waarin hy die NLU meedeel dat die indieningsperiode vir lisensie-aansoeke met ’n verdere agt maande (1 Maart tot 31 tot Oktober 2025) verleng word.
“Nadat die Waterbestuurswet 11 van 2013 op 29 Augustus 2023 in werking getree het, het die NLU eers ’n geohidroloog gevra om die nuwe wet en sy implikasies aan ons te verduidelik, alvorens daar uitgereik is na die ministerie van landbou, water en grondhervorming,” lui die jongste nuusbrief van die NLU.
“Met die implementering van die wet was daar heelwat onduidelikhede en vrae en hierdie is – tesame met verskeie hidroloë – met die ministerie opgeneem.”
’n Inligtingsblad spesiaal vir watersake is in 2024 op die NLU se webwerf geplaas (www.nau.com/water) vir almal om die aansoekvorms te verkry en ook antwoorde te vind vir algemene vrae.
Die NLU sê hul kantoor het talle oproepe hanteer en het moeite gedoen om sy lede deurentyd op hoogte van verwikkelinge te hou, aangesien die wetgewing voorsiening gemaak het vir ’n tydperk van 18 maande om ongeregistreerde boorgate en damme te laat registreer. Hierdie tydperk het op 28 Februarie ten einde geloop.
“In die lig van vrae vanaf lede, het die NLU besef lede het meer tyd nodig om aan wetgewing te voldoen. Die NLU het derhalwe op 12 Desember 2024 ’n brief aan Schlettwein gerig om onder meer ’n verlenging aan te vra. Dit is opgevolg deur ’n verdere skrywe aan die minister op 31 Januarie 2025.
“Op 10 Februarie 2025 het die minister geantwoord dat die registrasietydperk op 28 Februarie ten einde sal loop en dat hy net uitsonderlike individuele gevalle vir verlenging sal oorweeg. Die NLU het hierdie boodskap so aan sy lede oorgedra.
“Op Vrydag 14 Maart is egter wel ’n verlenging toegestaan. Dus het grondeienaars tyd om hul boorgate en damme te registreer tot aan die einde van Oktober 2025,” het die NLU bevestig.
Uitdagings wat met die registrasieproses ervaar is, sluit in dat alle registrasies in Windhoek ingedien moes word en streekkantore boere nie kon help nie.
Die NLU moedig steeds sy lede aan om te registreer om aan wetgewing te voldoen.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie