Reisjoernaal: Toer voort ná die vloed
Van skoener tot kitaar
Die Bo-Kaap lê strategies teen die hange van Vlaeberg bokant die middestad.
Pedro Vorster – Soos ’n dors perd sy stal snuif en begin hol, haas ons met die R27 na Kaapstad.
Orals is tekens van nat. Die verkeer is matig, maar besig vir Namibiërs. Tafelberg bly skuil agter vlaag op vlaag reën, trek net af en toe sy kabelspoorkruin-skouer oop.
Gelukkig werk die GPS en sonder veel moeite kry ons die bespreekte bed-en-ontbyt-verblyf in die Bo-Kaap. ’n Salige misreëntjie val, maar begin met mening neerstort net toe ons ons bagasie uithaal. Druipnat, maar dankbaar, staan ons in die ontvangsportaal en wonder wie moes die sambrele ingepak het.
Die Bo-Kaap lê strategies teen die hange van Vlaeberg bokant die middestad en naby die Victoria & Albert Waterkant se kaaie.
In die snoesige kamers van die vrolike malgeel Maleisiese huisie beplan ons die volgende skuif. In ’n omtrek van 500 m van die ou huisie, is daar so baie musiekkroeë, bistros en gastronomiese uithangplekke, weke is nodig om almal te belewe. Dan praat mens nie eens van die teaters en kunsgalerye nie.
“In sulke weer bly ons Kapenaars binne en gaan net uit as die son skyn,” sê ’n ou inwoner. Sy tuisbly-raad klink aanloklik, maar ons het plekke om te besoek en ervarings om op te doen.
Ons word gereeld gewaarsku om nie sommer in die nag rond te dwaal nie al word die buurt as “veilig” beskou. Blykbaar moet onder brûe ook vermy word en Kaapstad is juis bekend vir sy onvoltooide oorwegbrug. Met ons eerste verkenningstappie kom ’n kansvatter ons lastig val. Uit nêrens verskyn ’n groot polisieman en verjaag die pleitende straatjors.
Die voorval oortuig ons om van die gerieflike huur-’n-taxidiens gebruik te maak.
Maar hardnekkig, onnosel of plein hardekwas bespreek ons plek na sononder by Le Bouchon, ’n fyn spesialiteitswyn en die restaurant is skaars 100 m van ons blyplek af. Dit het nie ’n Michelin-ster nie, terloops, daar is geen Michelin-ster-restaurante in die ganse Suid-Afrika nie. Bouchon se swartmossels is kleiner as dié van Walvisbaai, maar die sous, aaijaaija die sous, voer die palet met geheime bestanddele op ongekende weë.
Ons stap tevrede in die reën na ons blyplek toe en die weer hou die Kaapse skollies binnenshuis.
Die Piano Bar se skemerkelkies is beter as die kos. Die klavierspeler is plaaslik, en die orkes-broers van die Ivoorkus. Die span speel die plek aan die brand met “Hotel California”.
Die Twee Oseane Akwarium op die Waterkant se toegangskaartjies is duur. Vir volwassenes kos dit R235 en slegs RSA-pensioenarisse kry R60-afslag. Haal nog R1 120 uit, dan kry jy ’n blitskursus in skuba en kan saam met die haaie swem. As jy bang is die haaie gaan hulle nie gedra nie, duik by die reuse-pylsterttenk in. Alles onderhewig aan voorwaardes goedgekeur deur die Professionele Vereniging van Duikinstrukteurs. Slaag die kortste kursus en swem vir 30 begeleide minute in die tenks.
Lus vir seerowertoneelspel? Vaar uit op die Jolly Rodger-driemasseilskip as die weer dit toelaat. Die skoener bly vasgemeer met ons besoek.
Die tuisnywerhede se produkte in die Kaap is gewoonlik van hoë gehalte. Wat kan hulle opdis? Baie. Ons koppe staan na ’n markgebeurtenis in Houtbaai, maar neffens die Waterkant hou die Kaapstad-inwoners beter mark. Het ek herhaal dit reën al weer? Onder tentseile dwaal die verveelde meeste 20- tot 40-jarige besoekers so asof hulle daar móét wees, want dit is so koel. Daar is meer beskikbaar as olywe, chorizos, biltong, bier, samoesas, nouga en vars bosse blomme, geprys teen wat een eensame blom in Windhoek sal kos.
Op die kaai skuur die Skotse en Ierse pubs skouers. By die Iere speel ’n ou gesoute orkes “The Sultans of swing”. Die manne vat vlam, brand hoë oktaan en vir ’n paar minute voer hulle die waarderende gehoor ver weg. So spyt ek het nie hul naam gevra nie.
Die Moederstad se koel kan jy nie koop nie. Jy moet dit maak.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie