Afrikaans is nie meer wat dit was nie
Wêreldmoedertaaldag het gister plaasgevind en baie Afrikaansonderwysers het dié dag gebruik as hulle kans om die estetiese idee van “suiwer en korrekte Afrikaans” te vier.
Natuurlik het dit leerlinge gehelp om hul woordeskat uit te brei, bekend gestel te word aan nuwe (of eerder ou) uitdrukkings, en bietjie meer te wete te kom oor die herkoms van die taal. Dit is egter met ’n seer hart dat hierdie onderwysers ingelig moet word dat suiwer Afrikaans nog nooit bestaan het nie.
Elke liewe generasie het hulle eie slengtaal gehad waarmee hulle gekommunikeer het ten spyte van die ouers en onderwysers se afkeur. Hierdie slengwoorde skend al dekades lank die reputasie van sogenaamde “suiwer Afrikaans”.
Dit is egter vanselfsprekend dat nie almal altyd bewus gaan wees van al die sleng nie, aangesien dit drasties kan verskil tussen mense wat slegs drie jaar ouderdomsgewys uit mekaar is. Selfs tussen verskillende dialekte verander die daaglikse woordeskat grootliks. Sêgoed soos “dis mal ongeskik” om “baie ongeskik” te beteken, loop in party kringe rond. Of wanneer iemand ’n mens nie heeltemal glo nie, antwoord ’n mens “Eg!” om jou woorde as waarheid te beklemtoon.
Die mees algemene plek waar sleng vandag voorkom, is sosiale media. Partykeer is sleng meer ’n manier van praat eerder as net ’n enkele woord soos wanneer ’n selfstandige naamword direk as werkwoord gebruik word. As die wiskunde toets bietjie rof gegaan het, kan daar gekla word dat die wiskunde net nie vandag wou wiskunde nie.
Baie Engelse sleng word ook direk in Afrikaans vertaal soos as daar gesê word “dit gee x.” Byvoorbeeld: “Dit gee 2003” wanneer vandag se klere ’n mens herinner aan die vroeë 2000’s. Die laaste voorbeeld hiervan is die gebruik van “nah” in plaas van “nee”.
Dit is juis dié soort sleng wat die prim en proper tannies na hulle pêrels laat gryp. Daar is ’n geldige bekommernis oor die verengelsing van Afrikaans en die verantwoordelikheid van elkeen om hulle moedertaal te bewaar, maar ons lewe in ’n veeltalige land – invloede van ander tale is nie net onvermeibaar nie, dis eintlik sommer nxa!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie