Bied gehalte-onderrig sedert 1946
St. Therese Sekondêre Skool
St. Therese Sekondêre Skool is op Tses in die ||Kharasstreek geleë. Die skool se visie is om uitstekende akademiese prestasies te lewer.
St. Therese Sekondêre Skool het in 1946 sy deure geopen. Die skool huisves tans leerlinge vanaf graad 8 tot graad 11 met 17 klasse en 17 onderwysers.
Die skool se missie is gebaseer op gehalte-onderrig en is geskep deur sendelinge van die Rooms Katolieke Kerk. Die kleurlinggemeenskap het die skool gedurende die apartheidsera gevestig.
Die sekondêre skool bied onderrig vir graad 8-leerlinge in ondernemingsbestuur, kantoorpraktyk, landbouwetenskap en rekenaarkunde.
Behalwe vir akademiese vakke wat die skool aanbied, word naskoolse aktiwiteite ook hoog geag.
Die verskillende klubs wat die skool vir leerlinge aanbied, is onder meer ’n redenaarsklub, geskiedenisklub, wetenskapklub en skolekompetisies.
Naweke het die skool ook ’n reeks bedrywighede waaraan leerlinge kan deelneem, soos motiveringspraatjies, ’n meisiesklub en ’n jeuggroep.
Pauline Kruse-Vries, die skoolhoof, sê St. Therese is altyd in die top-5 in die ||Kharasstreek.
“In 2019 het een van die topleerlinge in graad-12 gewone vlak, Taimi Asino, van St. Therese gekom,” sê Vries.
Volgens haar gaan die onderwysers uit hul pad om die leerlinge met ekstra klasse te help.
Die skool bied ’n veilige, liefdevolle omgewing waar almal na mekaar omsien.
Die skool se toekomsplanne is om vakke op gevorderde vlak aan te bied. Aangesien leerlinge van omliggende plase kom, is dit moeilik vir ouers om hul kinders na Keetmanshoop te stuur.
Een van die uitdagings wat skole die afgelope jare landswyd ondervind het, was die Covid-19-pandemie, wat die koshuiswerknemers volgens Vries goed hanteer het.
“Ek is rêrig trots op die skool se ontwikkeling en is opgewonde om die leerlinge te vorm tot goeie mense wat Tses positief in ander lande kan verteenwoordig,” sê Vries.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie