Akademie by Windhoek Hoërskool is top prioriteit vy die skool.
Akademie by Windhoek Hoërskool is top prioriteit vy die skool.

Blou skool se fondasie diep gegrond

Wetumwene Shikage
Windhoek Hoërskool het op 5 Februarie 1917 ontstaan en is een van die oudste skole in die hoofstad.

Dié “blou skool” op die heuwel in Windhoek se sentrale sakegebied spog met 105 jaar van gehalte onderrig.

Die skool verseker leerders van ’n veilige hawe om te leer. Die strewe is om optimale studiegeleenthede aan leerlinge te bied en om te verseker hulle groei tot hul volle potensiaal op ’n persoonlike, akademiese, sport- en kulturele vlak.

WHS se skoolhoof van die afgelope 12 jaar, mnr. Hawie Engels, sê hy het die voorreg gehad om deel te wees van die vordering van die Kurrikulum vanaf die Namibië Senior Sekondêre gewone en hoërvlak (NSSCO/H) tot die gevorderde vlak (NSSCO AS), en om die leerlinge wat in graad 11 die skool sien verlaat en selfs die wat vorder na graad 12 vir hul vakke in die gevorderde vlak.

“WHS het ’n geskiedenis ryk aan kultuur, met ondersteunende ouers. Dis ’n skool waar ons streef na uitnemendheid en waar ons omgee vir ons leerlinge,” het Engels gesê.

Die fondasie van WHS is diep gegrond in uitstekende onderwys vir sy leerlinge. Dit sluit in die morele waardes van streng dissipline wat uitstekende uitslae moontlik maak. Die werksaamheid van onderwysers en meer as ’n duisend leerlinge help om by elke moontlike geleentheid individuele potensiaal te skep.

AKADEMIE

Die sentrale fokus van WHS is om omvattende vakkeuses aan leerlinge in Namibië te bied; om leerlinge die nodige kennis en vaardighede te bied om tot die werksmark toe te tree, met die nodige selfvertroue om die beste te wees.

Die chemie-onderwyser vir seniors en juniors, me. Schoeman, beskryf die leerlinge van WHS as hardwerkend. Volgens haar is die leerlinge, “ywer om te leer, goedgemanierd en hardwerkend.”

“Dit gee my ’n nuwe uitkyk en die krag om die uitdaging van onderwys aan te vat,” het Schoeman gesê.

KERNWAARDES

’n Graad 11-leerling van WHS, Genice Ockhuizen, reken die beste ding van WHS is die eenheid en spangees.

“Die onderwysers is hardwerkend en hulle doen altyd groot moeite aan wanneer hulle klas gee,” sê Ockhuizen. Volgens haar is die klaskamer ’n veilige omgewing om vrae te vra en om hulp te soek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!