WAP se leerlinge ht geskitter by dans kompetisie. Foto verskaf
WAP se leerlinge ht geskitter by dans kompetisie. Foto verskaf

Danswenners gaan Sun City rooi verf

Wappers presteer by kampioenskap
Drie leerlinge van die Windhoek Afrikaanse Privaatskool het eerste, tweede en derde plekke by die Namibiese Danskampioenskap opgeraap.
Andrea Hugo Windhoek Afrikaanse Privaatskool
Die Dance Domain wat jaarliks die Namibiese Danskampioenskap aanbied, het vanjaar die kompetisie op 14 Mei by Heja Lodge gehou en die span van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (WAP) het eerste en tweede plekke in hip-hop opgeraap.D

Die dansers het vroegoggend bymekaargekom om teen mekaar mee te ding en almal was gereed vir die kompetisie. Die verrigtinge het betyds begin en al die dansers was reg vir aksie. Die borge van vanjaar se kompetisie was die XCO-groep Namibië en die dansstudio, Dance Domain.

Janke du Plessis een van die WAP-deelnemers het gesê die kompetisie was goed georganiseer. “Die gehoor was baie ondersteunend en hulle het ‘n wonderlike atmosfeer geskep,” het Du Plessis gesê.

Sy het verder bygevoeg sy voel dié tipe kompetisie is ‘n wonderlike leerskool vir dansers en sy sal vir ewig dankbaar wees om te kon deelneem.

Milla Lamprecht wat in die hip-hop-afdeling deelgeneem het in die gevorderde vlak het eerste plek gehaal, sê sy het gevoel daar het ‘n wonderlike atmosfeer by die kompetisie geheers want almal het vir mekaar geskree en al die deelnemers was baie ondersteunend teenoor mekaar.

“Ek kon aanvoel al die deelnemers was op hul senuwees voor hulle begin dans het, maar ek is bly hul senuwees het verdwyn sodra hulle op die verhoog was,” het Lamprecht gesê.

Maya Katjatenja het in die hip-hop- en in die kontemporêre afdeling meegeding en wat eerste plek in haar solo gekry het, het die volgende gesê: “Ek was op my senuwees en ek hou nie van die wagproses nie, maar ek is baie opgewonde om voor ‘n lewende gehoor vir die eerste keer in twee jaar te dans,” het Katjatenja gesê.

Al die dansers se dag was met dans gevul en die prysuitdeling wat sesuur die aand gehou is.

Die deelnemers wat eerste tot derde plek behaal het, dring outomaties na die volgende rondte deur.

Dit word by Sun City in September gehou en die tema is “Rumba in the jungle”.

Die Wappers se name wat deelgeneem het is soos volg, Van WAP se Hoërskool-leerlinge het aan die Namibian Championships vir dans deelgeneem, Milla Lamprecht, Andrea Hugo, Luca Coffee , Jana Theron, Jani van der Merwe, Amorè Junius. Laerskool-leerlinge: Zea Bouwer, Anyanka Esterhuizen, Jean-Jaque Coffee

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!