Leerders geniet een van die Tsumeb Gimnasium se markdag stalletjies.
Leerders geniet een van die Tsumeb Gimnasium se markdag stalletjies.

Entrepreneursvaardighede by Gimmie-markdag gekweek

Karla Bence
Ons skool het onlangs die jaarlikse Besigheidstudies-markdag aangebied waaraan die graad 10- en 11-leerders deelgeneem het.

Hierdie geleentheid het hulle die kans gegee om praktiese ondervinding op te doen in die besigheidswêreld, terwyl hulle ook gesien het hoe harde werk en goeie beplanning kan lei tot sukses. Die leerders was in spanne van drie of vier ingedeel en elke span het ’n unieke produk of diens aangebied.

Die doel was nie net om geld te maak nie, maar om leerders te wys hoe om doeltreffend te beplan, te delegeer en innoverend te dink. Elke groep het besluit watter produk hulle sou aanbied, wat gewissel het van southappies en soet lekkernye tot kreatiewe speletjies. Dit het hulle geleer hoe om te beplan rondom begrotings, logistiek en die belangrikheid van kreatiwiteit in ’n mededingende mark.

Die markdag self het ongeveer 90 minute geduur, waartydens deelnemers hul produkte aan ander leerders en onderwysers verkoop het. Die atmosfeer was lewendig, met stalletjies wat kleurvol versier is en elke span wat hul beste gedoen het om klante te lok.

Die graad 10-leerders het hul wins onder mekaar verdeel, wat vir baie ’n lekker aansporing was, terwyl die graad 11-leerders as ’n klas besluit het om hul winste vir hul matriekbaadjies aan te wend.

Elke stalletjie is beoordeel deur drie onderwysers: die Besigheidstudie-onderwyser, die Engels-onderwyser en die Gasvryheidstudie-onderwyser. Hierdie beoordelaars het elke groep beoordeel op faktore soos kreatiwiteit, spanwerk, klantediens en winsgewendheid. Die beoordeling het nie net gegaan oor wie die meeste geld gemaak het nie, maar ook oor wie hul span die beste bemark, georganiseer het, en hul produkte of dienste aan die publiek voorgehou het.

Die markdag was ’n groot sukses en het ’n waardevolle lewensles in entrepreneurskap en samewerking aan ons leerders gebied.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!