Hoofmeisie
Om as hoofmeisie vir 2024 gekies te word, is een van die grootste prestasies in my hoërskool loopbaan. Alhoewel Privaatskool Keetmanshoop klein is, is dit nie noodwendig makliker om reëls en dissipline onder mede-skoliere te handhaaf nie. Dus streef ek daarna om te lei deur ‘n voorbeeld te stel sowel as goeie verhoudings met mede-skoliere te bou. Daarby gesê, sal ek dit nie regkry sonder die res van die leerlingraad nie.
Ek steef ook daarna dat mede-skoliere na my opkyk en weet dat as iets pla, hulle met my daaroor kan praat. Ek is op grond van my leierskap en persoonlikheid gekies en daarom sal om hoofmeisie te wees nie my menswees verander nie. Met my leiersposisie hoop ek om KPS een groot familie te maak waar elkeen vir mekaar omgee en mekaar met respek behandel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie