Khomastura spog met uithouvermoë
Leerlinge vaar akademies beter
Die Hoërskool Khomastura is 'n bewys dat jy deur aanmoediging, deursettingsvermoë en goeie leierskap 'n verskil kan maak.
Die Hoërskool Khomastura se deure het in 2005 geopen en Johannes Adams was die eerste skoolhoof.
Die skool het as ’n subafdeling van die onderwyshulpsentrum in Windhoek begin waar leerling met leerprobleme oorgeplaas is.
Hul nederige begin was by die Khomasdal Primêre Skool tussen 14:00 en16:00.
In Meimaand van dieselfde jaar het die skool na hul permanente tuiste, oorkant Ella du Plessis in Khomasdal, geskuif.
Die skool bied ’n unieke leerervaring vir leerlinge aangesien hulle ’n verskeidenheid tale, soos Oshindongo, Afrikaans en Duits aanbied.
Die huidige skoolhoof is Rachel Amunye wat al vier jaar aan stuur van sake is. Sy het die skool gehelp om in verskillende aspekte te groei. Leerlinge het akademies beter begin vaar en die dissipline in die skool het verbeter.
Volgens Eunice Sinalumbu het sy verkeie reëls geïmplementeer soos onder meer die lengte van die meisies se rompe asook die verskillende haarstyle wat in die skool toegelaat word.
Sy beoog ook om die skool skoon en higënies te hou deur leerlinge aan te moedig om trots op hul skool te wees.
“Ek sal haar as ’n skoolhoof beskryf wat samewerking aanmoedig. Sy stel die voorbeeld vir almal en is toegewyd tot haar werk,” het Sinalumbu gesê.
Sport
Die skool bied netbal en sokker aan aangesien die skool ’n tekort aan hulpbronne het en die fasiliteite is nie voldoende vir bykomende sportaktiwiteite nie.
Maurell /Uirab, die sportkoördineerder en fisika-onderwyser, sê die leerlinge se belangstelling is in netbal en sokker.
Die skool is ook deel van die Khomas-skolesport in die netbal- en sokkerliga en het o.15-, o.17- en o.19-spanne.
Volgens Uirab is die skool se o.17-netbal en -sokkerspan onoorwonne.
Twee leerlinge, Ester Abraham en Simon Haimbodi, is gekies om die Afrika-jeugstoeikompetisie in Marokko by te woon, maar moes weens omstandighede onttrek.
Talle leerlinge sukkel finansieel en dit plaas die skool onder finansiële druk.
’n Liefdadigheidsorganisasie het in die verlede sop aan leerlinge uitgedeel, maar weens Covid-19 het dit ook gestop. Baie van die leerlinge kan dit nie bekostig om kos by die snoepie te koop nie of kan nie kos van die huis af bring nie.
Die skool het ná 17 jaar nog nie ’n skoolsaal nie. Dit maak groot byeenkomste moeilik. Die sportfasiliteite is ook nie op standaard nie en die skool beskik nie oor pawiljoene by die sportgronde nie.
Hoewel die skool onder sekere omstandighede onder druk is, glo hulle om in die basiese behoeftes van leerlinge, soos onder meer om veilig te voel en ’n omgewing van produktiwiteit te skep, te voorsien.
Een van die skool se doelwitte is om ’n goeie verhouding tussen leerlinge, onderwysers en ouers te skep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie