Garth Prince Foto verskaf
Garth Prince Foto verskaf

Namibiër behaal sukses in Kanada

Stel trefferalbum bekend
Garth Prince het sy verlange na Namibiese musiek in 'n bekroonde kinderalbum omskep.
Iréne-Mari van der Walt
Die Namibies-gebore Garth Prince het onlangs ‘n gesogte Juno-toekenning vir sy album, Falling in Africa, ontvang.

Die album dien as die klankbaan vir ‘n kinderboek oor Pevu, ‘n seun wat sy tuiste in die landelike Afrika-savannah verlaat om werk in die stad, Grazing Back Home, te soek.

Die boek Grazing Back Home is deur Ferdinand Hengombe se oorspronklike lied met dieselfde titel geïnspireer.

Hengombe is die voormalige leier van die Namib Marimbas en Prince vertel hy het verlief geraak op die liedjie toe hy hierdie groep se vertoning gehoor het.

Jason Blower het die boek se illustrasie behartig en Tololwa M Mollel het die storie geskryf. ’n CD word ook vir die boek beplan.

Prince meen verteenwoordiging is vir hom belangrik.

“Ek was nog altyd ‘n Namibiër en as ‘n Namibiese kind het ek altyd gedink daar is te min kinderboeke wat die wêreld rondom my en mense wat soos ek lyk, uitbeeld,” sê hy.

Dit was egter eers toe Prince in 2019 teruggekeer het na Namibië met sy kinders toe hy sy gedagtes oor die konsep van identiteit laat vloei het.

“Ek het my kinders Namibië toe gebring. Ek wou vir hulle wys wie ek is en waar ek vandaan kom en uiteraard, wie hulle is. Ek wil hê my kinders moet karakters sien wat soos hulle lyk. As kinders karakters sien wat soos hulle lyk, besef hulle dat hulle ook kan presteer en hulle ook die hoofkarakter kan wees.”

Tuiswortels

In ‘n 2019 dokumentêre film oor Prince se werk met skoolkinders in Kanada, verklap hy dat hy oorspronklik begin het om tradisionele Afrika-liedere aan jong kinders te leer nadat hy homself in die ontwikkelde wêreld bevind het met ‘n hunkering na die liedjies van sy moederland.

Hy het daarna begin om jong kinders deur tradisionele musiek oor Afrika en sy kultuurryke leefwyse te leer.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!