Ontmoet ons nuwe HUB, Alida Hill
Wat ‘n eer en voorreg om by hierdie dinamiese skool betrokke te wees. As iemand my sou vra wat my passie is, is die antwoord beslis opvoeding en bemagtiging. Ek is egter gekwalifiseerd in finansies, so om my kwalifikasie te kan aanwend in dit waarvoor ek lief en passievol is, is ‘n bestiering van Bo.
Ek het vir 16 jaar in die korporatiewe omgewing gewerk voordat ek myself ten volle aan my droom en passie toegewy het. Ek het in 2013 my eie kleuterskool, naskool en Impaq tuisskool gekoop wat so vinnig gegroei het, dat ek binne ‘n kort tydjie voltyds hierby moes betrokke raak, en die korporatiewe wêreld agterlaat het. In 2017 het ek my kwalifikasies, korporatiewe agtergrond en my passie vir kinders gekombineer en 'n program genaamd FuturePreneurs ontwikkel, wat kinders finansiële geletterdheid en entrepreneurskap vanaf die ouderdom van ses aanleer. In 2018 het ek 'n voorskoolse program genaamd Class out of a Box ontwikkel om mylpale te bereik wat deur arbeidsterapeute voorgeskryf is.
In 2021 het ek besluit om na my geboorteland terug te keer, en het die Gobabis Gymnasium skoolhoofposisie oor my pad gekom. In die amper drie jaar in Gobabis was ek direk betrokke by alle finansiële-, akademiese-, sport- en personeelaangeleenthede, en het ek nie net my korporatiewe en finansiële agtergrond tot voordeel van die skool aangewend nie, maar het self baie ondervinding in die praktiese bestuur van die akademiese omgewing van ‘n skool opgedoen.
Wat moet julle van my weet?
1. “I call a spade a spade!” Jy sal altyd weet waar jy met my staan.
2. Ek glo dat selfdissipline voor dissipline kom. As ons selfdissipline by ons leerlinge kan kweek, kom dissipline van self.
3. Skooltrots is baie hoog op my agenda.
Ek wil vandag aan elke leerling, ouer en onderwyser die gerusstelling gee dat ek my oë op God gefokus sal hou en dat ek na Sy stem sal luister om te hoor wat Sy plan vir Windhoek Afrikaanse Privaatskool is. Ek sien daarna uit om hierdie pad saam met julle te stap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie