Op julle merke!
NAPSO atletiek om die draai
Na die sukses van verlede jaar se sportbyeenkoms, is NAPSO weer terug om die beste studente-atlete te vind.
Na die sukses van verlede jaar se sport- en atletiekbyeenkomste, is die Namibiese Privaatskole Organisasie (NAPSO) vanjaar terug om die beste atlete op skoolvlak te vind - en dit begin met hierdie naweek se nasionale byeenkoms op Stampriet.
Maak vir julle reg, want hierdie naweek is vol pret asook opwindende skole-atletiek met Elnatan as gasheer!
Na baie weke se werk agter die rug om alles gereed te maak, is Elnatan reg om mense te wys dat plattelandse dorpe ook teen die groot skole hul man kan staan.
“NAPSO bied aan ons atlete soveel geleenthede wat nie misgeloop kan word nie. 'n Goed-georganiseerd program, wonderlike geselskap en uitstaande talent is aan die orde van die dag bo so 'n geleentheid,” het Izaan van Schalkwyk, die NAPSO-koördineerder vir Elnatan, gesê.
Jong atlete van die verskillende NAPSO-skole wat deelneem, sal die stryd teen mekaar aansê tydens hierdie naweek se sport, met die top-presteerders wat gekies sal word om NAPSO in Suid-Afrika te verteenwoordig.
In die verlede is die leerders gekies uit die streeks- en die nasionale byeenkomste, maar vanjaar is dit anders, aangesien die naweek se top atlete sal deurdring om in verskeie atletiekitems in Suid-Afrika deel te neem, sê Johan-André Fourie, die nuwe uitvoerende hoof van NAPSO, wat die moontlikheid laat deurskemer het dat die top-10 na Europa heel moontlik na Europa mag reis.
"Gehalte onderwys gaan nie oor kompetisie nie; dit gaan oor samewerking om die hele nasie op te hef," het Fourie gesê.
Voorts is Privaatskool Moria gekies om die NAPSO Securitas Privaatskoolweek aan te bied.
Met 'n nuwe uitvoerende hoof, nuwe atletiekbyeenkomste en 'n nuwe jaar wat voorlê, is daar opwindende dinge aan die gebeur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie