Stem nou vir die My Zone-program van die jaar!
Vier van My Zone se programme is benoem as My Zone Program van die Jaar by die tweede uitgawe van die NTV-toekennings wat in Februarie plaasvind.
Die kookprogram What’s Cooking wat elke Sondag uitgesaai word, die Afrikaanse program Blitsfokus wat elke Woensdag op die kleinkassie is, die oefenprogram Flex wat elke Maandag, Woensdag en Vrydag uitgesaai word, asook die skoolprogram Generation C wat elke Donderdag te sien is, is benoem.
Verlede jaar het Generation C die wentitel opgeraap, maar nou is die kompetisie groot. Flex se aanbieder, Phillipus Josef sê dat hy sy mede-aanbieders sterkte toe wens en dat die beste man (of vrou!) met die louere wegstap.
“Laas jaar was suksesvol, met die verskei aktiwiteite wat Flex aangebied het, maar die ander programme wat benoem is, is sterk kompetisie,” sê Josef.
In sy opinie, het die ander drie benoemdes ook verlede jaar sukses geniet.
Zoë Karsten, aanbieder Blitsfokus, sê dit was vir haar 'n besonderse jaar en dat sy elke oomblik met elke gas geniet het. “Ek het baie interessante onderhoude gevoer en het vreeslik baie by elke gas geleer.”
Toe Karsten uitvind Blitsfokus is benoem, was sy verheug en dankbaar. “ Al die harde werk het vrugte afgewerp en ek is so dankbaar vir elkeen wat deel was van Blitsfokus se groei.”
My Zone is verantwoordelik vir sewe programme wat op DStv kanaal 285 en GOtv kanaal 25 asook op OneUpTwo uitgesaai word.
Daar kan tot 9 Februarie gestem word deur die woord #ntvawards2025 na die Synergi Chatbot (085 785 6231) te stuur en die instruksies te volg.
My Zone wens al vier aanbieders sterkte toe en alles van die beste vir vanjaar se toekennings.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie