Tegniese vakke seëvier by Hoërskool Coastal
’n Skool met uithouvermoë
Die Hoërskool Coastal is een van 14 Namibiese skole wat ’n tegniese kurrikulum aanbied.
Die skool was vir 12 jaar ’n tegniese skool wat aan die Hermann Gmeiner SOS-fonds behoort het, en is latere jare weer aan die regering teruggegee.
Ná die skool aan die regering oorhandig is, het die skool ’n akademiese kurrikulum gevolg. In 2017 het hulle terug na hul wortels gegaan en weer tegniese vakke begin aanbied.
“Ons is bevoorreg om ‘n basiese grondslag vir die kurrikulum te volg met van die tegniese vakke wat ’n tweejaarkursus is,” het die hoof, mnr. Calvin Martin, gesê.
Hy het verder verduidelik die program is vir leerlinge wat uitblink in tegniese vakke teenoor akademiese vakke.
Met die skool wat 840 leerlinge en 32 onderwysers huisves, het hulle twee tuinprojekte van stapel gestuur wat vars kruie en groente aan die skool verskaf. Die kruie en groente word op ’n maandelikse basis geoes.
Die Agronomiese Raad van Namibië het ’n kweekhuis op die skoolgronde opgerig en dit het die skool die geleentheid gegee om landboukunde as ’n vak aan te bied.
“Ons het saailinge in ons tuin en ons plant gereeld ná elke oes,” het Martin gesê.
Die munisipaliteit van Swakopmund het die skool ongeveer vyf jaar gelede gehelp om ’n tweede kweekhuis op te rig.
Onderwysers het die tuin in 2015 begin om vars groente aan die sopkombuis te verskaf. Die groente word ook aan die onderwysers verkoop om geld vir die skool in te samel.
TEGNIESE VAKKE
Die skool bied mode, huishoudkunde, metaalwerk, houtwerk, motorwerktuigkunde en gasvryheid aan.
In die meganiese vakkeuses het leerlinge die geleentheid om aan voertuie te werk.
Die Sonnenkinderprojekt het die hysbak geskenk wat die leerlinge gebruik en die voertuig waarop die leerlinge werk deur CNNC Rössing Uranium.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie