Die Fishrot-beskuldigdes in die hoërhof se hofsaal naby Windhoek Sentrale Gevangenis. Foto Kristien Kruger
Die Fishrot-beskuldigdes in die hoërhof se hofsaal naby Windhoek Sentrale Gevangenis. Foto Kristien Kruger

PAS IN: Fishrot-saak uitgestel tot Februarie

Kristien Kruger
Die Fishrot-saak is vanoggend in die hoërhof in Windhoek weereens uitgestel tot 14 Februarie.

Die rede vir die uitstel is weens die hangende uitkoms van ’n versoek wat by die hooggeregshof aanhangig gemaak is met betrekking tot die voorsittende regter se besluit om nie homself van die saak te onttrek nie.

Mnr. Ricardo Gustavo se verteenwoordiger, mnr. Trevor Brockerhoff, het die versoek gebring nadat hul aansoek dat regter Kobus Miller homself van die saak moet onttrek, onsuksesvol was.

Dit is die tweede keer wat die saak om hierdie rede uitgestel word.

Mnre. Mike Nghipunya, Bernard Esau, Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Nigel van Wyk, Otneel Shuudifonya, Pius Mwatelelo en Phillipus Mwapopi sal in aanhouding bly tot hulle volgende verskyning. Hulle medebeskuldigde mnr. Ricardo Gustavo se borgtog is verleng tot 14 Februarie.

https://q.my.na/GWRIKyk hier na die hofverrigtinge.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!