20 jaar gelede

MAANDAG 7 Januarie 2002

• Mynwese in Namibië gee vandag onder gunstige uitvoertoestande ’n reuse-tree vir die plaaslike ekonomie in die internasionale arena met die ondertekening van ’n ooreenkoms tussen Ongopolo Mining and Processing en ’n strategiese buitelandse vennoot vir die ontwikkeling van ’n multimiljarddollar-projek op Tsumeb.

• Die padsterftes sedert die begin van die vakansieseisoen het tot 37 gestyg nadat nog drie mense in motorongelukke omgekom het.

• Die duisternis waarin meer as 120 inwonende verpleegpersoneel van die sentrale hospitaal in Windhoek vir die afgelope vier dae gehul is, sal vandag op die hoogste vlak van die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste aangespreek word.

DINSDAG 8 Januarie 2002

• Onveranderde petrolpryse en ’n geringe styging in die prys van diesel lyk na die goeie nuus vir Januarie 2002 enkele dae voordat die Namibiese Regering brandstofpryse ingevolge sy kwartaallikse stelsel moet aanpas.

• Die verpleegsterstehuise van die sentrale hospitaal in Windhoek kan nog vir dae of selfs langer sonder elektrisiteit sit, maar die aangeleentheid geniet tans op die hoogste vlak aandag.

• Seksuele geweld in Namibië is ’n ernstige probleem en dit blyk dat dit in die meerderheid gevalle die vroulike geslag is wat die spit afbyt.

• Geen wetgewing bestaan tans wat die munisipaliteit in staat stel om streng teen die diestal van elektrisiteit op te tree nie.

WOENSDAG 9 Januarie 2002

• Van die grootste mynprestasies in die geskiedenis van Namibië op die gebied van produksie, veiligheid en besparing is deur Rössing Uraan met ’n sakkie aartappels beloon.

• Mieliemeel gaan binnekort in Namibië duurder word weens die hoë pryse wat meulenaars in die land vir ingevoerde mielies uit Suid-Afrika moet betaal, volgens mnr. Christof Brock, hoof uitvoerende beampte van die Namibiese Akkerbouraad.

• Vanjaar sal sowat 14 000 leerlinge meer as verlede jaar landwyd by skole inskryf. Dit verteenwoordig ’n styging van 2,6 persent.

• ’n Tweede brand die afgelope veertien dae op die plaas Hoffnung, buite Windhoek waar die Heja-lodge beleë is, is gistermiddag in bedwang gebring.

DONDERDAG 10 Januarie 2002

• Die roekelose en nalatige gebruik van vierwielmotorfietse die afgelope feesseisoen langs die kus het tot ’n beloning van N$1 000 gelei nadat ’n jong, avontuurlustige paartjie se vakansie op die eerste dag weens ’n ongeluk tot stilstand geruk is.

• ’n Nypende tekort aan senior kapteins en ’n verbod op die gebruik van Suid-Afrikaanse gesagvoerders het voorlopig ’n einde gemaak aan Air Namibia se geskeduleerde Sondagvlugte met die Boeing 747-400 na Kaapstad.

• Die Regering se beleid ten opsigte van grondhervorming en privatisering asook die swak prestasies van sekere semi-staatsinstellings, gaan volgende week met die kongres van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW) in die diepte geëvalueer word.

VRYDAG 11 Januarie 2002

• ’n Beweerde bedrogspul in die Ministerie van Binnelandse Sake het die werksaamhede van die siviele registrasiekantoor op Oshakati to stilstand geruk.

• Die water- en grondkwessie is die prioriteite waaroor die Kapteinsraad van die Basters met die Regering vanjaar samesprekinge gaan voer.

• Die Regering het die week op Walvisbaai ’n skenking van N$20 miljoen van die Europese Unie deur die Europese Ontwikkelingsfonds ontvang.

Kommentaar

Republikein 2024-11-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 33° Rundu: 23° | 39° Eenhana: 24° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 21° | 36° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 19° | 34° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 18° | 32° Gobabis: 19° | 32° Henties Bay: 14° | 18° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 13° | 29° Keetmanshoop: 9° | 28° Aranos: 16° | 30° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 10° | 27° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 37° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 35° Maseru: 13° | 26° Antananarivo: 16° | 29° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 21° | 41° Windhoek: 18° | 32° Cape Town: 15° | 19° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 17° | 25° #REF! #REF!