20 jaar gelede
Maandag 28 Januarie 2002
-Verspreide reënbuie wat na die week oor groot dele van Namibië verligting van die droë hitte gebring het, is vir eers iets van die verlede.
-Onveiligheid in sekere dele van die wêreld ná die aanvalle van 11 September op Amerika en die hulpeloosheid van die Suid-Afrikaanse rand, kan vanjaar van Namibië ’n besondere aantreklike toeristebestemming maak.
-Die tweede aanslag op die onafhanklikheid van die regsbank deur ’n aanval op die persoon van die huidige Aanklaer-Generaal, adv. Hans Heyman, kan verreikende gevolge vir regspleging in die land inhou.
Dinsdag 29 Januarie 2002
-Die Aanklaer-generaal, adv. Hans Heyman, daag die Vereniging van Staatsaanklaers (PAN) uit om ’n klag van rassisme by die regsdienskommissie teen hom te lê.
-Die Regering gaan sy behuisingskema na die landelike gebiede uitbrei en ’n taakgroep is reeds besig om wyses vir die implementering daarvan op te stel.
-Zimbabwe het moontlik gister sanksies deur die Europese Unie (EU) vrygespring toe pres. Robert Mugabe in ’n ommeswaai internasionale waarnemers na dié land uitgenooi het om die presidensiële verkiesing in Maart te kom monitor.
Woensdag 30 Januarie 2002
-Die besluit van pres. Robert Mugabe om internasionale waarnemers in Zimbabwe toe te laat om die presidensiële verkiesing in Maart te monitor sal eers teen die middel van volgende maand ’n werklikheid word, wat dan te laat sal wees om die verkiesing doeltreffend in oënskou te neem.
-Pres. Sam Nujoma het gewaarsku dat die terreuraanvalle van 11 September verlede jaar op Amerika en die rand teenoor die dollar verreikende ekonomiese en maatskaplike gevolge vir Namibië kan inhou.
-Verlede week se protesoptog deur gestremde werkers van Ehafo het reeds ’n hoë tol geëis.
-Die twee vermeende rowers wat vroeër vandeesmaand in ’n skietgeveg met die polisie betrokke was, het gister in die Windhoekse landdroshof verskyn.
Donderdag 31 Januarie 2002
-’n Bekende Windhoekse sakeman se voertuig van N$800 000 is summier gekonfiskeer midde-in ’n nuwe storm wat losgebars het oor die wettigheid van ingevoerde Toyota Land Cruisers ter waarde van meer as N$15 miljoen op Namibiese paaie.
-Die President van Namibië se laaste en naaste buurman in Engelbergstraat moet ook maar sy goedjies pak en trek.
-Vooruitsigte lyk uitstekend dat ryk olie- en gasbronne onder die seebodem aan die noordelike kus van Namibië gevind kan word.
-Air Namibia se Boeing 737 is sedert die begin van die week aan die vlugroete via Walvisbaai na Kaapstad onttrek en sal nou ses regstreekse vlugte na Kaapstad en sewe na Johannesburg per week onderneem.
Vrydag 1 Februarie 2002
-Die Suid-Koreaanse regering het Namibië se steun gevra vir sy bod om in 2010 die Wêreldtentoonstelling aan te bied.
-Die stelsel waardeur Namibiërs wat nie voltyds by skole geakkommodeer kan word nie hul studies by die Namibiese Kollege vir Ope-studie (Namcol) kan voortsit, werk beslis.
-Leerlinge in die Keetmanshoop-onderwysstreek het die beste in die afgelope IGCSE-eksamen gevaar met kandidate wat net in 11,42 persent van die vakinskrywings gedruip het.
-Dit is onredelik en ongrondwetlik vir die Namibiese weermag om militêre rekrute van die mag uit te sluit, bloot op grond van hul MIV-status, soos in seksie sewe van die wetsontwerp op verdediging voorsien word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie