20 jaar gelede

Mandy Rittmann
Maandag 11 Februarie 2002

- Onprofessionele diens en swak en korrupte bestuur by verwaarloosde kampeerterreine dra by tot toergidsmaatskappye se frustrasie om toerisme in Namibië te bevorder.

- Namibië se Grondwet, wat Saterdag 12 jaar gelede as die hoogste wet in die land aanvaar is, bly steeds ’n bakenlig van demokrasie in Afrika en geniet ook internasionale erkenning as van die bestes ter wêreld.

- Hoewel verspreide reënbuie die naweek oor dele van Namibië uitgesak het, bly die groot reën steeds weg.

Dinsdag 12 Februarie 2002

- Teen alle verwagting gaan een van die wetsontwerpe wat die volle steun van die Nasionale Vergadering (NV) geniet het, nou in die tweede kamer van die Parlement in omstredenheid gedompel word.

- Minimum lone as ’n maatstaf om behoorlike loonstrukture in Namibië te vestig, is vandeesweek die onderwerp van ’n slypskool wat deur die Ministerie van Arbeid in Windhoek aangebied word.

- Die blitskrieg waarmee Air Namibia einde verlede jaar van senior personeel ontslae geraak en ander se poste afgeskaal het, het in die waarnemende bestuur se gesig ontplof met ’n waarskuwing van die Direktoraat Burgerlugvaart om dringend regstellende aksie toe te pas.

Woensdag 13 Februarie 2002

- Die Anti-Korrupsie wetsontwerp is gister in die Nasionale Raad (NR) eenparig en onder luide toejuiging in beginsel verwerp en die bal is nou in die hande van die Nasionale Vergadering (NV) om te besluit of die wetsbepalinge deel van die Wet op die Ombudsman sal uitmaak.

- Die verhouding tussen die Namibiese mikro-lener, Fin-ED, en die Suid-Afrikaanse bank wat verlede Saterdag onder kuratorskap geplaas is, Saambou, bied aan Namibiese banke ’n geleentheid om hul tande in ’n bedryf te slaan waarin hulle lankal betrokke wou wees.

- Onderhandeling om toegang tot Suid-Afrikaanse seegebiede vir ’n paar Namibiese pelserbote en hul bemannings te verkry, het reeds ministeriële vlak bereik, volgens wat gister op Walvisbaai betroubaar verneem is.

Donderdag 14 Februarie 2002

- Sommige kommersiële witmielieproduserende gebiede in die noorde van Namibië huiwer op die rand van ’n krisis weens die swak en wisselvallige reënval wat die seisoen ondervind word.

- ’n Verbrokkeling van die beesvleisbemarkingstelsel wat teen miljoene in die jare tagtig en met bloedsweet op die been gebring is, kan Namibië se status as uitvoerland na die Europese Unie in gedrang bring.

- Lede van die Polisie se narkotika-tak het gister beslag gelê op ’n besending dagga wat per afleweringswa van Suid-Afrika na Windhoek vervoer is. Op inligting wat van ’n lid van die publiek gekry is, is twee persone op heterdaad met vrag van 138 kilogram dagga betrap.

Vrydag 15 Februarie 2002

- ’n Vasberade boer wat nie ’n verkeersman se vertolking van die wet wou aanvaar nie, het gister ’n geskarrel in die landdroshof op Swakopmund veroorsaak en uiteindelik daartoe gelei dat hy skotvry uitgestap het.

- Namibië se skaarsste grootbokspesie, die swartwitpens, kan moontlik eersdaags sy populasie met 10 persent vermeerder wat ’n geskiedkundige mylpaal vir die Namibiese wildlewe kan beteken.

- Die prys van mieliemeel gaan aanstaande maand vir die tweede keer vanjaar in Namibië verhoog word weens die stygende prys van mielies in Suid-Afrika.

- Die bevelvoerder van die Namibiese Weermag is Maandagaand deur ’n dronk soldaat katswink geslaan.

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° #N/A #N/A