20 jaar gelede

MAANDAG 31 Desember 2001

• Die laaste woord oor die Zambiese verkiesing sal eerskomende Woensdag gespreek word wanneer ’n president en parlement vir die land ingehuldig word.

• ’n Noodrit moes met ’n drankwa onderneem word, ’n enkele snoek is vir N$2 100 verkoop en toeskouers het vir ’n beroemde tydrenjaer uit Suid-Afrika as die “manne in die kuipe” opgetree toe die spitsseisoen die naweek sy hoogtepunt op vakansieoorde van die sentrale kusgebied bereik het.

• Nalatigheid van polisie-beamptes oor die Kersdae het tot die ontsnapping van altesame 22 verhoorafwagtendes uit vier verskillende polisiekantore gelei.

• Dit gaan nog 50 jaar neem voordat geslagsgelykheid in onder meer die Parlement ’n werklikheid word.

• Namibiese gebaretaal moet erken word as die medium vir dowe mense en moet in die Namibiese grondwet as ’n taal vir dowes opgeneem word.

DINSDAG 1 Januarie 2002

• Nuwejaarsdag

WOENSDAG 2 Januarie 2002

• President Sam Nujoma sê harde werk, nasionale versoening, eenheid en voldoende opvoeding kan die suksesverhaal vir Namibië wees.

• Die morele kompas waarmee Suider Afrikaanse leiers die toekomsskip stuur, sal grootliks die ekonomiese werklikheid van Namibië in die jaar 2002 bepaal in ’n klimaat wat min ruimte vir optimisme laat.

• ’n Zambiese hoërhof het gister die bekendmaking van verkiesinguitslae verbied totdat ’n beslissing oor ’n hofaansoek deur opposisiepartye gemaak is waarin versoek word dat die uitslae weens onreëlmatighede ongeldig verklaar word.

• Die versengende hitte wat Namibiërs in die binneland die laaste paar dae moes verduur gaan voortduur. Hoewel berigte van los donderbuie uit groot dele van die land ontvang is, lyk dit asof die reënseisoen nog nie werklik op hande is nie.

DONDERDAG 3 Januarie 2002

• Die werksaamhede van TransNamib het op Nuwejaar op ’n laagtepunt begin met die ontsporing van ’n gemengde trein waarin dertien mense ligte beserings opgedoen het.

• Die eerste skokgolf van 2002 het gister die Namibiese ekonomie getref toe die pryse van nuwe motors met tussen 4 en 8 persent gestyg het.

• Die MIV/vigs pandemie is steeds die grootste enkele uitdaging waarvoor die Ministerie van Gesondheid en Maatskaplike Dienste vanjaar te staan gaan kom.

• Die lawaai van vierwielmotorfietse wanneer dit tyd is om te rus en ongedisiplineerde kinders onder die invloed van drank, is van die vernaamste probleme wat kampeerders se vakansie vanjaar op Langstrand versuur het.

VRYDAG 4 Januarie 2002

• ’n Spitsberaad van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) ontmoet op die 14de van die maand in Malawi om die toestand in die streek te bespreek.

• ’n Jong koedoebul wat vermoedelik hondsdolheid onder lede gehad het, is gister van kant gemaak nadat hy in ’n Windhoekse woonbuurt verstrengel geraak het.

• Namibië is verlede jaar deur die Wêreldgesondheidorganisasie (WGO) as neonataal tetanus-vry verklaar.

• Die onbedagsame optrede van huurmotorbestuurders is as ’n enkele groot probeem vir verkeerbeheer in Windhoek uitgewys.

• Terwyl vakansiegangers langs die kus begin oppak en huiswaarts keer, weerklink ’n koor van frustrasie nog onder hengelaars en toermaatskappye oor die rompslomp wat gedurende die Kersseisoen met die verkryging van hengelpermitte ondervind is.

Kommentaar

Republikein 2024-09-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como #N/A Currency: GBP to NAD 22.82 | EUR to NAD 19.06 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.09 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.78 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14370.64 Up +0.62% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 648.93/OZ DOWN -0.0089 | Copper US$ 4.57/lb DOWN -0.01 | Zinc US$ 3 087.60/T DOWN -0.23% | Brent Crude Oil US$ 72.16/BBP UP +0.80% | Platinum US$ 1 007.90/OZ UP +0.05% #N/A