28 uit 560 weefselmonsters toets positief vir Covid-19
Uit 506 weefselmonsters wat getoets is, het 28 positief vir Covid-19 getoets. Die nuwe gevalle bestaan uit 14 mans en 14 vroue. Die jongste is nege jaar en die oudste 72 jaar.
Volgens die uitvoerende direkteur in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, is 14 gevalle in Windhoek, agt in Rehoboth, drie in Swakopmund, twee in Walvisbaai en een in Otjiwarongo aangeteken.
Volgens Nangombe het nog 36 mense herstel wat die totaal vir die land op 11 036 te staan bring. Dit sluit 26 in Khomas, vier in //Kharas, drie in Erongo, twee in Omaheke en een in Kunene in.
Uit die 1 766 aktiewe gevalle is drie in 'n baie ernstige toestand. Dit sluit twee baie ernstige gevalle in Khomas en een baie ernstige geval in Oshana in.
Die sterftesyfer bly op 133, tot op hede is 127 359 weefselmonsters getoets, 6 932 kontakte word gemonitor en 505 mense is in kwarantyngeriewe oraloor in die land.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie