Beperkings weens bek-en-klouseer gelig

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh – Alle beperkings weens bek-en-klouseer wat van toepassing in die Zambezistreek was, is verlede week Donderdag gelig nadat die uitbreking van dié siekte suksesvol onder bedwang gebring is.

Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het in ’n mediavrystelling wat Dinsdag uitgereik is, gesê die laaste bevestigde geval van die siekte het op 4 November verlede jaar voorgekom.

Die hoofveeartsenybeampte binne die ministerie se direktoraat van veeartsenydienste (DVS), dr. Albertina Shilongo, het die nuus bevestig.

Ingevolge Namibië se gebeurlikheidsplan vir bek-en-klouseer kan beperkings op die beweging van vee binne drie maande ná die laaste geval gelig word.

Die uitbreking is aanvanklik in Mei verlede jaar waargeneem en is dié keer veroorsaak deur ’n nuwe stam van bek-en-klouseer, serotipe-O, wat nog nooit tevore in Namibië waargeneem is nie.

Volgens die direktoraat van veeartsenydienste is die virusstam dodeliker en word dit geassosieer met ’n stam wat in Zambië voorkom. Shilongo het gesê hulle sal voortgaan met ’n inentingsprogram om toekomstige uitbrekings te voorkom en het boere aangeraai om aan te hou om hul vee hiervoor na veeartsenybeamptes te bring.

Dit volg nadat minstens 5 000 beeste in die Zambezistreek met die nuwe virusstam besmet is.

Die eerste inentings teen die nuwe bek-en-klouseer-virusstam in die Zambezi het in September verlede jaar begin, nadat Namibië entstof uit Botswana ontvang het.

Die DVS het gesê hulle vermoed die virus het Namibië aanvanklik vanaf Zambië binnegekom toe vee die grens onwettig oorgesteek het – iets wat ’n uitdaging is as dit kom by die uitwissing van bek-en-klouseer.

“Bek-en-klouseer sal voortgaan om ’n uitdaging te wees solank die grens oopbly en mense dit kan oorsteek net wanneer hulle wil, sonder om van die grensposte gebruik te maak,” het Shilongo gesê.

“Hierdie is ’n groot bedreiging wat voortdurend van die buurlande sal inkom, al slaag ons ook daarin om die virus se verspreiding te keer en selfs aan ons kant van die grens uit te wis.”

Uitbrekings van bek-en-klouseer het sedert September verlede jaar in nege kiesafdelings voorgekom.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad | Deportivo Alaves 2 vs 1 Sevilla SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa | Hellas Verona 2 vs 3 Torino | Cagliari 0 vs 2 Empoli European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford | Stoke City 1 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 19° | 35° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 23° | 36° Oshakati: 23° | 36° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 23° | 33° Otjiwarongo: 18° | 29° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 17° | 26° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 13° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:12, High tide: 02:24, Low Tide: 20:36, High tide: 14:35 Swakopmund: 13° | 17° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:22, Low Tide: 20:34, High tide: 14:33 Walvis Bay: 14° | 27° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:10, High tide: 02:21, Low Tide: 20:34, High tide: 14:32 Rehoboth: 17° | 30° Mariental: 18° | 33° Keetmanshoop: 19° | 32° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 13° | 23° Ariamsvlei: 17° | 32° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 22° | 23° Gaborone: 13° | 29° Lubumbashi: 16° | 32° Mbabane: 9° | 25° Maseru: 12° | 23° Antananarivo: 14° | 23° Lilongwe: 15° | 29° Maputo: 16° | 27° Windhoek: 17° | 26° Cape Town: 14° | 20° Durban: 14° | 27° Johannesburg: 12° | 23° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 14° | 29° Harare: 13° | 27° #N/A #N/A