Bybelse wysheid
Markus 5:33,35: Sy het toe voor Hom op haar knieë kom val en vir Hom haar hele geskiedenis vertel. Terwyl Jesus nog met die vrou praat, kom daar mense van die raadslid van die sinagoge se huis af en sê vir hom: “U dogter het gesterwe.
***
Dietrich Bonhoeffer skryf dat ons gereed moet wees om deur God onderbreek te word. Hy sal ons planne kanselleer deur mense met aansprake en versoeke op ons pad te stuur. Die vrou het Jesus se reis na die siek kind onderbreek. As sy nie so selfsugtig was nie, sou Jesus dalk betyds by die kind kon uitkom.
Tog maak Jesus tyd om te luister na die hele geskiedenis van die vrou met haar chroniese siekte.
Die medelye van Christus daag ons uit om ons oë en ore oop te maak. Elke mens het ’n storie. Ons word geroep om goed te luister, tyd te maak, stil te staan, dringende sake eers te laat staan, sodat stukkende mense gehoor kan word. -Dr. Annes Nel

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie