Connor verby eerste ronde in VSA Junior Ope
Tennis
PAS IN : Connor van Schalkwyk het reeds in sy openingswedstryd by die Amerikaanse Junior Ope in New York vir ’n ligte opskudding gesorg.
Die 17-jarige Namibiër, tans 61ste op die junior wêreldranglys, het die 17-jarige Amerikaner Leanid Boika (31ste) vandag met 6-4 6-4 uitgeskakel.
Hul eersterondtewedstryd op baan 4 het een uur 41 minute geduur.
Die oorwinning is sy eerste in ’n Junior Grand Slam-toernooi, nadat hy vanjaar by Junior Wimbledon (Julie in Londen), die Junior Franse Ope (Mei in Parys) en die Junior Australiese Ope (Januarie in Melbourne) in die eerste ronde uitgeskakel is.
Die Amerikaanse Junior Ope, met 64 spelers in die enkelspel se hoofloting, het Sondag begin en duur tot komende Saterdag.
Van Schalkwyk se volgende opponent sal die wenner tussen Ignacio Buse (12de gekeur in die toernooi) van Peru) of Peter Privara van Slowakye wees.
Van Schalkwyk ding ook in die dubbelspel mee, met Constantinos Koshis (Ciprus) as sy vennoot.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie