Covid-19: 20 sterftes, 151 nuwe gevalle

Elvira Hattingh
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het twintig nuwe Covid-19-sterftes aangemeld, die meeste daarvan op Gobabis (13 sterftes), wat dié sterftesyfer op 3 884 te staan bring.

Terselfdertyd is 151 nuwe Covid-19 gevalle aangemeld uit 1 737 toetse wat oor die afgelope 24 uur uitgevoer is. Dit verteenwoordig ‘n positiwiteitskoers van 8,9%.

Tien van die nuwe gevalle het voorheen Covid-19 gehad, terwyl 16 van hulle ten volle ingeënt is en nog een nie gespesifiseer het hoeveel dosisse entstof sy reeds ontvang het nie. Die meeste gevalle kom nou uit die Otjozondjupa-streek (17 gevalle), gevolg deur die Oshikoto-streek (15 gevalle).

Altesaam 31 van die gevalle is kinders uit verskillende skole, asook vyf onderwysers, twee studente en twee gesondheidsorgwerkers.

Die ministerie sê tans het die land 9 403 aktiewe gevalle van Covid-19, waarvan 260 in die hospitaal opgeneem is. Altesaam 22 persone is tans in die intensiewe sorgeenhede van plaaslike hospitale en geeneen van hulle is ingeënt nie.

Altesaam 412 571 Namibiërs het reeds hul eerste dosis entstof teen Covid-19 ontvang, terwyl 242 560 ten volle ingeënt is. Slegs 12 068 persone het intussen vir ‘n derde inenting gegaan.

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.23 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.28 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.92 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.28 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1889.62 Up +2.40% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14282.71 Up +0.63% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31250.64 Up +1.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 659.62/OZ UP +0.05% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0095 | Zinc US$ 3 007.30/T DOWN 0% | Brent Crude Oil US$ 73.75/BBP DOWN -0.0195 | Platinum US$ 988.61/OZ UP +0.03% #N/A