Daar’s ’n bietjie ‘Heinz’ in almal van ons

[email protected]
Die rede waarom dit so maklik is om die sproete, moesies, vratte, littekens, tekortkominge en sondes in ander te sien, is omdat ek self daardie goedjies het.

Geen wonder nie dat Jesus gesê het dieselfde maatband waarmee ek ander meet, ek ook mee gemeet sal word.

Ek en vroulief sit vroegoggend en lees die Bybel en wonder oor daardie “heilige” skrifgeleerdes wat so vol fiemies was oor beuselagtighede, terwyl hulle die belangriker dinge, soos geregtigheid, barmhartigheid en geloof, miskyk.

Toe herinner vroulief my: “Daar’s ’n bietjie Heinz in almal van ons”.

Dis ’n sêding wat ons baie by die huis gebruik wanneer ons besef ons is nie perfek nie. Die slagspreuk kom van ’n Duitse kosmaatskappy, ‘Kraft Heinz’, se ou televisie-advertensie vir hul kits-noedels. Blykbaar bestaan die noedels nie meer nie, maar die slagspreuk het in ons harte wortel geskiet.

Die idee was dat hul produk iets in almal opwakker; iets is waarmee almal kan vereenselwig. Dis slim bemarkingswerk.

Ek sien ’n bietjie van almal en alles in my, net soos daar ’n bietjie van my in almal is.

Ons wil mos almal slim wees en raad gee; weet hoe almal voel en moet voel, dink en doen; net soos wat ek verwag almal moet alles van my weet, maar eintlik niks weet nie – tensy hulle ’n bietjie van hulself in my sien…

Dis waarom dit so maklik is om vir jou te preek, want ek preek vir myself, maar jy leer uit my foute en ek uit joune.

Ek is mal oor rugby. Ek sien ’n bietjie van elke Springbok in myself, maar ek verwag hulle moet speel soos ek (wat sitbank-skeidsregter is). As die Bokke verloor, of nie goed genoeg gewen het nie, is dit omdat hulle nie gespeel het soos ek sou nie... Op die ou einde vier ons almal (die regte Bok en die een met ’n bietjie Bokkie in hom, soos ek) saam oor ’n wen, of huil saam oor ’n verloor.

Aan die een kant wil ek hê my kinders moet uit my foute leer sodat hulle nie dieselfde pad hoef te stap as wat ek geneem het nie. Aan die ander kant was daar ’n tyd toe hulle gehoop het hulle sal nooit soos pa en ma word nie – want ons is “oudmodies” en “nie koel nie”. Hulle is nou ’n bietjie groter en soos ek agtergekom het dat ek nie ver van my pa se boom geval het nie, sien ek hoe my seun meer en meer my klere dra om styl te hê.

Die joernalistiek is ook so. Daar is spesialis-joernaliste, en dan is daar mense soos ek – wat die Engelse sal noem ’n ‘jack of all trades’ – wat reken hy weet iets van alles – net soos diegene wat alles weet, dink ek moet alles van iets weet.

Ek beskryf my beroep in lig van ’n spieël wat in skerwe is, en in elke skerf sien ek iets van die werklikheid geweerkaats – elke refleksie van ’n ander skerf; ’n ander hoek. My werk is om daardie skerwe te probeer bymekaar bring om ’n beter prentjie van die werklikheid te weerkaats.

Dis nie maklik nie, maar deesdae is daar mos baie met ’n bietjie ‘joernalis’ in hulle wat die ‘job’ beter kan doen… Nes ek!

Nou ja… soos ek nader na die skerfie spieël kyk, sien ek ’n bietjie meer van myself daarin, soos die skerfie ’n bietjie van homself aan my wys van ’n ander hoek. Hy is stukkend; nie perfek nie, maar hoe nader ek kyk, hoe meer van myself sien ek in jou, en jy in my.

Ons sien ons almal as ’n goeie, slegte en lelike karakter in ons lewensfliek – ons is geen engel nie, maar ook geen demoon. Ons is mens, met al ons hoeke, skerwe en tekortkominge, en as ons mooi kyk, sal ons meer van onsself in ander sien as wat ons bereid is om te erken.

Kom ons wees eerlik met onsself en ander. Kom ons wys mekaar dat ons almal maar ’n bietjie van mekaar in ons het, en daarom kan ons mekaar beter verstaan en tegemoetkom en aanmoedig en versigtig wees om mekaar te veroordeel.

Ons is elkeen uniek, ja, maar ek moet maar daardie ou Duitse noedel-advertensie onthou voordat ek dink ek is meer besonders as jy: daar’s ’n bietjie Heinz in almal van ons.

Kommentaar

Republikein 2024-09-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como #N/A Currency: GBP to NAD 22.83 | EUR to NAD 19.08 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.1 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.75 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.19/OZ DOWN -0.0088 | Copper US$ 4.57/lb DOWN -0.0108 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.27/BBP UP +0.97% | Platinum US$ 1 003.37/OZ DOWN -0.004 #N/A