Gladiators moet Afcon-droom aangryp
Negentig minute staan tussen afrigter Woody Jacobs se vrouespan en ’n uitmuntende mylpaal.
Namibië se vrouesokkerspan, as gasheerland van die Afrika-Nasiesbeker (Afcon) in 2014, het Zambië in Windhoek in ’n groepwedstryd met 2-0 getroef.
Vanmiddag sal die Namibiërs alles in die stryd werp om weer so ’n uitslag te bewerkstellig – maar as Afrika se verteenwoordiger by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio is hul buurland die volslae gunsteling.
Die Brave Gladiators en Zambië se Shepolopolo pak mekaar vandag (afskoptyd 15:00) by die Dobsonville-stadion in Soweto vir die bepalende tweede en finale kwalifiserende wedstryd vir ’n plek by die 2022 Afrika-Nasiesbeker wat Juliemaand in Marokko gehou word.
Die regstreekse video-uitsending sal op Cosafa-TV en die Facebook-blad van die Namibiese Sokkerverening (NFA) gevolg kan word.
Shepolopolo (Koperkoninginne) en die Gladiators het mekaar laas Woensdag in Lusaka aangedurf, waar Namibië in hul noppies was om die gunstelinge tot ’n 0-0 gelykopuitslag te beperk.
Dit beteken vir beide spanne is alles vandag op die spel. Net die wenspan sal vir Marokko kan voorberei en moontlik ook sy pad na die 2023 Wêreldbeker in Australië en Nieu-Seeland kan oopspeel.
In Lusaka kon enige van die twee spanne gewen het. Die Gladiators se meestal hegte verdediging het die afwesigheid van Barbra Banda, Zambië se voorste aanvaller, onderstreep. Weens ’n besering sal sy ook nie in Dobsonville speel nie.
Bruce Mwepu, hoofafrigter van Zambië, bly positief en sê Banda se afwesigheid gee ander spelers ’n geleentheid.
“As jy Barbra met die ander beskikbare spelers vergelyk, is daar ’n reuseverskil, maar daar is niks wat ons daaraan kan doen nie. Dis die spelers wat ons het en hulle moet die taak afhandel,” het hy gesê.
Die Koperkoninginne plaas op die aanval hul hoop op Grace Chanda en Maylan Mulenga.
Woody Jacobs, hoofafrigter van Namibië, was wel ingenome met die doellose uitslag in Lusaka, maar besef dat die Gladiators beswaarlik sal kan bekostig om enige agterstand te moet probeer inhaal en verbysteek.
Jacobs sê: “Die belangrikste vir my is dat ons Lusaka kon verlaat met ’n gelyke kans in Suid-Afrika.
“Zambië het ons beslis nie oorweldig nie, maar die geluk was ook aan ons kant. Daar is egter baie werk wat nog gedoen moet word. Ons wil vir Marokko kwalifiseer, maar ’n gewigtige hekkie staan voor ons.
“Ek is trots op my spelers wat ’n baie gevaarlike Zambiese span gestuit het. Ons sien uit na die herontmoeting. Dit was goed om met ’n gelykopuitslag uit die moeilike omstandighede in Lusaka te kon ontsnap.”
Die Gladiators se sluipskutter Zenatha Coleman se individuele vermoë is welbekend en sy kan op enige dag ’n wedstryd op sy kop keer. Ewe veel hang egter van haar vennote in die middelveld af, terwyl Shepolopolo beslis ook nie aan die slaap sal wees om haar te veel ruimte te gun nie.
“Zambië het Zenatha bestudeer en het haar in Lusaka aan bande gelê. Maar ek is nie bekommerd nie, want ek weet hoe ontwykend sy kan wees. Ons is ’n span en ek maak staat op elke speler, eerder as op enige individu wat ’n wedstryd vir ons moet wen.
“Ons sal beter balbesit moet bewerkstellig en nie ons besit so maklik prysgee as in Lusaka nie. Verlore besit maak die verdediging soveel moeiliker en skep kanse vir jou teenstander. Ons sal beslis skerper moet wees.
“Op aanval het ons in Lusaka min geluk aan ons kant gehad, veral in die eerste helfte, maar die tweede helfte het reeds beter gelyk. Die spelers het eerstens geweet hulle moet goed verdedig en foute beperk, en dis presies wat hulle gedoen het. Met ’n bietjie geluk, vasberadenheid en deursettingvermoë kan ons ’n pad deur Zambië se verdediging vind,” het Jacobs vertel.
Namibië se enigste verskyning in die Afcon-toernooi was as gasheer in 2014 in Windhoek, maar is in die groepfase uitgeskakel. Zambië was reeds drie keer by die Cosafa-toernooi in aksie. In 1995 het hulle die semifinale gehaal; in 2014 en 2018 is hulle ná die groepronde huis toe.
– Cosafa.com
FOTO
Emma Naris, kaptein van Namibië, toe sy by verlede jaar se Cosafa-toernooi as speler van die wedstryd teen Uganda aangewys is. Foto Ryan Wilkisky, Backpagepix

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie