Grappies
Land Rover-grappies, van FredS:
'n Land Rover is nes 'n skaaphond. As die lorrie dorp toe gaan is hy agterop.
* * *
Die Namibiese regering kondig aan dat olie op 'n plaas in die Kalahari ontdek is en dat hulle, in samewerking met die Chinese, dit gaan ontgin. Op 'n mooi dag daag die hele eksplorasiespan by die plaas op. Dis net oliebore, tente, lorries helikopters en slim mense waar jy kyk. Die boer staan die hele ding so en kyk en vra vir die hoof slim mens wat aangaan. Die vertel hom toe van die olie wat gekry is. Sê die boer: “Julle mors julle tyd. Hier was 'n maand gelede 'n Land Rover-saamtrek.”
* * *
Tagtig persent van alle Land Rovers wat ooit gemaak is, is nog op die pad. Die ander het darem al die huis gehaal.
~~~~~~~~~~~~~~~
Uit ons argief van Desember 2011:
Van HermanH, uit Clean Laffs:
Ons kat, Figaro, kom saans huis toe tussen 10 en 11 vir aandete. As hy laat is, skakel ek die stoeplig aan en roep hom totdat hy kom. Eendag verduidelik my dogtertjie aan 'n maatjie waar ons woon, en haar maatjie sê: “O, is dit by die huis waar die tannie saans op haar stoep staan en opera sing?”
~~~~~~~~~~~~~~~
Wat die Ouderdom ons Leer:
* Jou sig verbeter met die ouderdom want jy moet die boek al verder weghou van jou oë af.
* Die enigste een wat jou gereeld wil sien is jou dokter.
~~~~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie