Grappies
Die filmster en gevegskunstenaar Bruce Lee het ’n vegetariërbroer gehad: Brocco Lee.
* * *
Van DaanlR:
Watter woord is dit: Die uitspraak van die woord is verkeerd as dit reg is en die uitspraak is reg as dit verkeerd is.
(As jy dit nie kan kry nie – die woord is: verkeerd).
* * *
Van HermanH: Ons lewe in digitale tye.
Verpleegster in kraamsaal: “Kyk, dokter! Die baba het nie ’n naelstring nie!”
Dokter: “Ja, dis die nuwe weergawe. Koordloos.'
* * *
Van JohanvL:
Dis baie interessant dat pille verpak word in veiligheidshouers sodat kinders dit nie kan oopmaak nie. Dan moet die ou mense vir die kinders vra om vir hulle die pille daar uit te haal.
* * *
Gesien op Facebook:
My vrou kla dat sy sedert Covid begin het by haar werk seksueel geteister word. Ek moet byvoeg: Sy werk van die huis af.
* * *
Van RiaanC: Ek is baie tevrede met diens in Suid-Afrika onder die bekwame ANC-regering. ’n Mens hoef nie eens tou te staan om beurtkrag te kry nie. Dit word gratis by jou huis afgelewer.
* * *
’n Nuwe studie het bevind babas so jonk as nege maande kan die verskil tussen vriende en vyande agterkom. Wat nou die vraag na vore bring: Watter soort baba van nege maande het vyande? – Jimmy Fallon

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie