Grappies
Uit ons argief van Januarie 2012:
Die toeris loop in Kaapstad se middestad rond en gaan staan voor die standbeeld van Maria van Riebeeck, wat hy lank bekyk. Dis toe dat hy die Kaapse stem langs hom hoor: “Djy kyk verniet. Sy's Jan se vrou...”
~~~~~~~~~~~~~
Van ManuB, uit De Druivelaar:
'n Plesierboot vaar verby 'n klein eilandjie. Van die dek af sien ’n passasier 'n bebaarde man wat op die strand op en af spring terwyl hy woes met sy arms waai en beduie. “Wat probeer hy sê?” vra die passasier vir een van die bemanning. “Ek het geen idee nie” sê die man, “Elke keer as ons hier verby
vaar, gaan hy so te kere!”
~~~~~~~~~~~~~~~~
Van KoosS, ’n klompie anderste wyshede, uit Lag sonder grense deur Ian
Wessels:
* Vroeër het ouers gemiddeld vier kinders gehad. Vandag het kinders gemiddeld vier ouers.
* Luiheid is die gewoonte om te rus voordat jy moeg is.
* Hoe gouer jy agter raak, hoe meer tyd het jy om in te haal.
* Hoekom kry orkane vrouename? As hulle aankom, is hulle wild en
ontembaar, en as hulle gaan, vat hulle jou huis en jou kar saam.
~~~~~~~~~~~~~~~~
Uit ons argief van Januarie 2012:
Van HermanH, uit Daily Groaner:
Vraag: Hoe groet twee sielkundiges mekaar? Antwoord: Dit gaan goed met
jou, hoe gaan dit met my?

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie