Hardap se sluise dalk vanaand getrek
Die Hardapdam kan dalk laat vanaand 70% van sy kapasiteit bereik, wat beteken dié suidedam se sluise sal getrek moet word.
Die dam was om 11:30 vanoggend 63,2% vol, met water wat dit nog teen 245 m³ per sekonde binnegevloei het. Toe het Mariental se munisipaliteit gewaarsku dat die dam se sluise dalk getrek sal moet word en onderneem om inwoners op hoogte van sake te hou.
Intussen het die dorp se munisipaliteit ook vroeër gesê dat ‘n plaasdam, wat‘n volume van sowat 0,5 miljoen kubieke meter (Mm³) water hou, se muur op die Packriemrivier gebreek het.
Na verwagting sal dit tot ‘n toename lei in die water wat die Hardapdam binne vloei. Die plaasdam self verteenwoordig egter net sowat 0,5% van die Hardapdam se kapasiteit.
Intussen is lorriedrywers ook gewaarsku teen baie nat toestande in die Mariental-omgewing. Vloede in die Dabib-gebied beteken daar kan water in die rivier by die Truck Port-kruising vloei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie