Hoop op die vêr skip
Gert Jacobie
Dit is weer sulke tyd - verhogingstyd in die meeste klein, medium en groot ondernemings, want hulle beskou dié tyd van die jaar as die sogenaamde jaareind-afsluiting.
Ouditeure sit kantore vol en tempteer interne boekhouers, soek na diewe wat nie bestaan nie en drink die kantoor se koffierekening in sy maai.
Uiteindelik vertel hulle die bestuur dat sake nie só rooskleurig is as wat die bestuur gedink het nie en dat verhogings moontlik is, maar aansienlik laer sal moet wees as wat almal gedink het.
Feite is: dié tyd van die jaar is al wat ’n werker is gespanne oor sy verhogingsmoontlikhede. Hulle sit op die punte van hul stoele. Neuse teen die boeke en werk, werk, werk.
Tradisioneel is die lyfwegstekers dié tyd van die jaar só hard aan die werk dat hulle nie eens gedurende teetyd asemhaal nie.
Die res van die jaar doen hulle natuurlik so min as moontlik, maar omdat dit die einde van Februarie is, werk hulle dat dit bars.
Mense raak “tense” oor die aangeleentheid van verhogings, want stry maar soos jy wil, elke mens het ’n bepaalde siening van homself en hy weet in sy “heart of hearts” dat hy meer moet verdien as wat hy kry.
In sommige gevalle is dit só erg, hy maak hom gereed om te bedank as hy nie kry wat hy gemeen het hom toekom nie.
Soos die ou wat die domkrag wou gaan leen toe sy motor met ’n pap band gaan staan het tussen Helseinde en Hemelsbegin.
Met die aanstapslag het hy besluit die naaste boer sal hom nie ’n domkrag leen nie en hy het hom só opgewerk oor die saak dat hy hom kon vuilmaak.
Toe hy uiteindelik by die naaste huis aankom, dit was in die oggendure en hy het sommer lekker gestap om daar uit te kom, klop hy en wag. Toe die boer die deur oopmaak, sê hy vir hom om die domkrag maar liewer in sy “jack” op te druk. (Ek weet daar is diesulkes wie se reaksie op dié ou grappie sal wees: “(Belowe!”)
Iedergeval, salarisverhogings is eintlik ’n ernstige saak. Inflasie, ontwikkeling, sosiale druk en dié dinge speel ’n rol. Niemand wil graag agteruit boer nie, maak nie saak hoe droog dit is nie en hoe swak die regering is nie.
In ’n land met ’n inflasiekoers van meer as 15 persent en ’n algemene groeikoers van minder as 1 persent is die ekonomiese werklikhede duidelik uitgespel, maar nogtans loop Jan-Alleman om uiteindelik ’n salaris te verdien waarmee hy aan die lewe sal kan bly, sy kinders kan klee en voed en sy vrou mee gelukkig kan hou.
Mense in die private sektor word veral geraak, want hulle droom drome van uiteindelike huiseienaarskap en ’n stel wiele onder hulle wat hulle darem so ’n maand of wat sal hou voordat hulle weer by die “backyard mechanic” op die hoek sal moet aandoen.
Die kort en die lank van die storie is dat mense seker maar vanjaar weer, soos alle ander jare, hoop die skip met die geld het anker gegooi in Walvisbaai se hawe.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie