Kommissie kyk na Covid-toetspryse

Suid-Afrika beperk die koste van ’n PCR-toets tot hoogstens N$500.
Augetto Graig
Augetto Graig

Die Namibiese Kompetisiekommissie ondersoek die samestelling en faktore wat die prys van Covid-19-toetse in Namibië bepaal, het die ontleder mnr. Paulus Hangula gister bevestig.

Hy sê die kommissie was reeds in November in kontak met sy eweknie in Suid-Afrika, waar die prys van ’n gewone PCR-toets dié week tot hoogstens N$500 beperk is. Plaaslik wissel toetspryse tussen N$800 en N$1500.

Dr. Kalumbi Shangula, minister van gesondheid en maatskaplike dienste, het Dinsdag by ’n nuuskonferensie gesê die buurland se besluit is nie deur die Suid-Afrikaanse regering gemaak nie, maar deur hul kompetisiekommissie en dat Namibië ook so ’n instansie het.

“Ek is seker hulle volg die ontwikkelinge en sal binnekort na die kwessie kyk,” het hy gesê.

Volgens Hangula het konsultasie met die SA kommissie aangedui hulle het verwag die prys van toetse moes stabiliseer namate vervaardigers en verskaffers sedert laas jaar meer en meer ekonomieë van skaal kon toepas. “Vordering in doeltreffendheid moes die prys afbring.”

Suid-Afrika se ondersoek is spoedig afgehandel en hulle het slegs op die PCR-toets gefokus, en nie kitstoetse nie, sê hy.

“Ons het ’n soortgelyke ondersoek ingestel en het begin met die proses om by die gesondheidsektor uit te vind oor hoe en waar hulle die toetse bekom. PCR-toetse kom uit Suid-Korea na ’n verskaffer in Suid-Afrika met ’n agent hier in Namibië wat verspreiding doen. Ons neem ook die koste by die bron, asook van invoer na Namibië in ag.

“Ons stel die voorsieningsketting vir die antigeentoetse ook vas en weet reeds Suid-Afrika kry syne vanaf Amerika, Suid-Korea, Europa en van twee binnelandse vervaardigers,” sê hy.

In hul vergelyking met plaaslike pryse sal die kommissie die beskikbaarheid en doeltreffendheid van gratis toetse gebied deur die regering in ag neem.

“Is hulle so wyd versprei soos in die private sektor, of is hulle geïsoleer? Is hulle ’n doeltreffende alternatief tot private toetse? Is daar probleme op spesifieke plekke, waar dalk geen gratis toetse is nie, of waar die diens nie doeltreffend is nie?

“Ons is ook ingelig die aantal dae voor mens uitslae by Robert Mugabe-kliniek kry, byvoorbeeld, het sedert laas jaar drasties verminder. Ons probeer verstaan. Ons moet verstaan wat die plaaslike prys bepaal,” sê hy.

Hangula sê die kommissie neem ook kennis van inwoners wat op sosiale media kla dat die plaaslike prys te hoog is. Die kommissie is in kontak met Suid-Afrika oor hoe hulle so spoedig kon reageer, en hoe hulle met betrokke verskaffers ooreengekom het. “Ons wil so gou as moontlik weet en doen ons bes om minstens voor die jaareinde die inligting te kry,” sê hy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A