Nghiwete kap terug

Ten spyte van die arbiter se opdrag dat sy in haar amp heraangestel moet word, het NSFAF al sy hulpbronne ingespan om te verseker dat Nghiwete nie terugkeer nie.
Yandi Du Plessis
Mathias Haufiku

Die geskorste uitvoerende hoof van die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF), me. Hilya Nghiwete, het die fonds se direksie daarvan beskuldig dat hulle haar dissiplinêre verhoor “primitief” gekaap en haar afgedank het voordat die proses afgehandel is.

Mnr. Clement Daniels is destyds deur NSFAF gekies om die verhoor te lei, maar sy ampstermyn is kortgeknip ná die direksie se “skielike” ingryping.

Volgens Nghiwete se hofstukke wat verlede Vrydag ingedien is, het die raad die dissiplinêre proses “onregmatig, onregverdig en onreëlmatig gekaap”.

“Dit blyk die voorsitter [Daniels] van die verhoor is nooit die geleentheid gegun om oor die kwessie te besluit nie, aangesien die appellant se raad van direkteure op 6 en 7 Februarie 2020 die dissiplinêre verhoor, sonder kennisgewing aan die voorsitter, gestuit het. Die raad het sy magte onregmatig uitgeoefen.”

Volgens Nghiwete het die direksie vroeër erken sy is afgedank sonder dat enige aanklagte aan haar bedien is.

Sy het verder aangevoer NSFAF het sy maatskappysekretaris, mnr. Fillemon Wise Immanuel, as die koördineerder van die dissiplinêre aangeleentheid aangestel, ondanks die feit dat daar onenigheid tussen hom en Nghiwete was.

Ten spyte van die arbiter se opdrag dat sy in haar amp heraangestel moet word, het NSFAF al sy hulpbronne ingespan om te verseker dat Nghiwete nie terugkeer nie.

ONVERSOENBAAR

Die NSFAF het gesê sy beeld en reputasie het aansienlik verbeter en die aantal klagtes van die publiek het merkwaardig afgeneem sedert Nghiwete die trekpas gekry is.

Die fonds beweer ook die verhouding tussen die instelling en die geskorste hoof kan nie gered word nie, en om dié rede moet sy nie haar pligte hervat nie.

Nghiwete het egter dié bewering betwis en gesê die direksie het nie bewyse of haar verhouding met die NSFAF verbrokkel het of nie.

“Die waarnemende uitvoerende hoof, mnr. [Kennedy] Kandume, en die maatskappysekretaris (Immanuel) se bewyse is irrelevant en onbetroubaar in daardie aspek, veral in die lig van die feit dat die waarnemende hoof tans by die voortgesette afwesigheid van die eerste respondent baat; terwyl die maatskappysekretaris duidelik bevooroordeeld teen die eerste respondent is,” lui Nghiwete se hofstukke.

In sy hoofbetoë vir ‘n appèl teen die arbiter se bevel dat Nghiwete in haar amp herstel moet word en sowat N$3 miljoen aan haar terugbetaal moet word, het NSFAF gesê sy het meer as N$4 miljoen ontvang terwyl sy geen dienste aan die fonds gelewer het nie, wat die instelling in ‘n benarde finansiële posisie plaas.

Nghiwete het NSFAF se aantygings weerlê en bygevoeg die fonds “hou eenvoudig nie van die die arbiter se besluit nie”.

“Die hof hoef egter nie die appellant se verleidelike versoek om genade te oorweeg nie. Dit blyk, op grond van ‘n verkeerde wanopvatting, of dit billike oorwegings is wat saak maak. Die hof – met respek gesê – mag net die wet toepas, nie billikheid nie,” het sy gesê.

VOLDOENDE GRONDE

Die NSFAF het intussen gesê daar is voldoende gronde om die dissiplinêre verhoor, wat Nghiwete versuim het om by te woon, op te skort en haar heeltemal te af te dank.

Hierdie gronde sluit in die feit dat sy – sonder om die instansie in te lig – vir drie maande afgeboek was vir ‘n siekte waarna bloot as “psigopatologies” verwys is, maar tog na Finland gereis het vir persoonlike sake.

Dit is nie duidelik waarom Nghiwete medies geskik was om met private sake aan te gaan, maar nie geskik was om aan ‘n dissiplinêre verhoor deel te neem nie, het die fonds gesê.

Sy het glo ook geweier om ‘n dokter te sien wat die NSFAF aanbeveel het nadat bevind is haar siekverlofsertifikaat was “heeltemal onvoldoende en het geen verduideliking verskaf vir haar toestand of haar vermoë of onvermoë om aan die dissiplinêre verhoor deel te neem nie”.

Daar is ook sprake dat die direksie wou hê Nghiwete moes vir psigiatriese evaluering gaan. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.34 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.33 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.17 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.11 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.33 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 654.23/OZ UP +1.06% | Copper US$ 4.48/lb UP +3.63% | Zinc US$ 3 026.80/T UP 0.14% | Brent Crude Oil US$ 75.11/BBP UP +0.98% | Platinum US$ 984.15/OZ UP +2.73% #REF!