Onderbreking in watervoorsiening aan Windhoek

Henriette Lamprecht
Die Windhoekse munisipaliteit sê dit ondervind tans 'n onderbreking in watervoorsiening van NamWater weens skade aan die hoofpyplyn tussen Okahandja en Windhoek. Die pyplyn is Donderdagaand beskadig en die omvang sal eers bepaal kan word wanneer die water uit die pyp gedreineer is.
Volgens die munisipaliteit is die watervlakke van die hoofstad se reservoirs tans op "redelike vlakke" wat wissel van 60% tot 75%. Die boorgatskema gaan intussen geaktiveer word om die huidige tekort in voorsiening deur NamWater aan te vul.
Inwoners word gemaan om water spaarsamig te gebruik. Die munisipaliteit maan water mag moontlik verkleur wanneer die reservoirs se vlakke beduidend sak, maar die kwaliteit sal deurgaans gemonitor word. Inwoners van Elisenheim en Brakwater moet intussen alternatiewe reëlings vir water tref.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!