Potensieel gevaarlike asteroïde nou náby
‘n Nuut-ontdekte en “potensieel gevaarlike” asteroïde sal vandag baie naby, dog veilig verby die aarde beweeg.
Nasa sê die asteroïde 2022 RM4 is bykans die grootte van die aarde se hoogste gebou in Dubai - sy dimensies is sowat 330m by 740m. Dit sal teen ‘n spoed van sowat 84,500 km/h of teen 68 keer die spoed van klank verbyspoed.
Die asteroïde is slegs verlede maand ontdek en bereik vandag sy naaste punt aan die aarde van sowat 2,3 miljoen km. Dit is ses keer die afstand tussen die maan en die aarde. In kosmiese terme word dit as gevaarlik naby beskou.
NASA merk enige groot liggaam binne 7,5 miljoen km van ons planeet as “potensieel gevaarlik”. Die 2022 RM4 asteroïde word ook as ‘n “naby-aarde voorwerp” of ‘n ‘Neo” (near-earth object) geklassifiseer omdat dit binne 193 miljoen km van die aarde af kom.
“Neo’s is komete en asteroïde wat weens die swaartekrag van nabygeleë planete in wentelbane naby die aarde verby beweeg,” het Nasa verduidelik.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie