Air Namibia het nuwe waarnemende hoof
Air Namibia het mnr. Elia Erastus, hoof menslike hulpbronnebestuurder, met ingang 11 Februarie as waarnemende uitvoerende hoof aangewys. Dit volg op die bedanking van mnr. Xavier Masule. Masule het persoonlike redes as basis vir sy bedanking gegee en keer terug na sy pos as hoof kommersiële beampte.
Erastus het 'n MBL-graad en breë korporatiewe leierskapervaring en het reeds in die energie-, mynbou- en konstruksiesektore gewerk.
Erastus het 'n MBL-graad en breë korporatiewe leierskapervaring en het reeds in die energie-, mynbou- en konstruksiesektore gewerk.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie