Alle streke nou ingeperk, geen drankverkope oor naweke
Alle streke nou ingeperk, geen drankverkope oor naweke

Alle streke nou ingeperk, geen drankverkope oor naweke

Ronelle Rademeyer
Alle streke is van 1 Julie af ingeperk en geen reise sal buite streke toegelaat word tensy mense permitte het om noodsaaklike dienste te lewer of goedere te vervoer nie. Mediese dienslewering en die vervoer van lyke word nie hierdeur geraak nie.
Dit is een van die nuwe maatreëls wat in werking tree wanneer die huidige regulasies om middernag verstryk.

Verder lyk die nuwe Covid-reëls wat deur pres. Hage Geingob aangekondig is, as volg:

Openbare byeenkomste bly beperk tot tien mense.
Aandklokreël word vervroeg na 21:00 saans en is tot 04:00 van krag.
Alle skole en kleuterskole bly gesluit tot 26 Julie, maar graad 10 – 12 kan op 16 Julie terugkeer skool toe.
Tersiêre instelling se onderrig moet aanlyn geskied.
Restaurante mag net op ‘n wegneem-grondslag kos bedien.
Drankverkope naweke is taboe en van Maandae tot Donderdae mag alkohol net tussen 09:00 en 18:00 op ‘n wegneem-grondslag verkoop word. Gastehuise en restaurante mag wel aan toeriste alkohol bedien.
Gimnasiums, swembaddens, nag- en sportklubs en dobbelshuise moet tydelik sluit.
Haarkappers en skoonheidsalonne mag voortgaan, maar op streng voorwaardes.
Alle kontaksport is verbode.
Geen vliegtuie, busse en langafstand taxi’s mag tussen streke passasiers vervoer nie. Binne streke mag hulle net die helfte van die normale toegelate getal passasiers vervoer. Spesiale reëls vir die vervoer van toeriste sal aangekondig word.
Begrafnisse moet binne tien dae geskied en nie meer binne sewe dae nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!