Bestuur van staatsbronne...
Die buiteparlementêre party, die Congress of Democrats (CoD) het, ná 'n lang stilte, 'n verklaring uitgereik waarin diepe kommer oor die vermorsing van skaars openbare bronne uitgespreek word.
Die bestuur van openbare bronne op alle regeringsvlakke, van plaaslike, streeks- tot sentrale vlak, is ‘n bron van kommer vir die Congress of Democrats (CoD).
Mnr. Vaino Amutheu, waarnemende president van die party, sê die tyd kan ryp wees om sommige amptenare voor die hof te daag.
“Die ouditeur-generaal het keer op keer daarop gewys dat die gebrek aan aanspreeklikheid sistemies is, maar van die regering se kant af was daar geen reaksie nie.
“Inteendeel, alle organe van die staat gaan voort om beperkte openbare bronne 'soos ’n dronklap by ’n casino' te mors. Dit is tyd dat die woord ‘aanspreeklikheid’ werklike betekenis in die bestuur van die kwynende staatsbeursie kry. Staatsondernemings loop los voor wanneer dit by ’n gebrek aan aanspreeklikheid kom en hulle toon min respek vir die land se belastingwette en die goeie bestuur van die bates onder hul beheer.
“Staatsondernemings se grootste kundigheid is oënskynlik om hoed in die hand voor die minister van finansies se deur te staan vir nog ’n ronde van ’n paar miljoen dollar om te mors.
“Hulle kom onbesonne en argeloos voor, soos blyk uit die Meatco-direksie se optrede, onder leiding van ’n politieke nuweling en kandidaat wat onlangs nie daarin kon slaag om verkies te word tot Swapo se adjunksekretaris-generaal (me. Martha Namundjebo Tilahun) nie.
“Haar direksie het die publiek onlangs met ’n rekening van N$3 miljoen geklap weens hul onverskillige en onbevoegde optrede. Moet hulle nie self verantwoordelikheid hiervoor aanvaar nie?” vra Amutheu in ’n verklaring.
Hy sê die tyd het ook aangebreek vir die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, om wakker te word.
Hy behoort volgens hom voldoende en werklike magte te hê om op te tree eerder as om “kameeverskynings te maak lank nadat die lyk van die ongelukstoneel verwyder is”.
Die CoD is ook bekommerd oor “duistere sake” in die ministerie van verdediging, wat van parlementêre oorsig vrygestel is.
“Hul groeiende besighede, insluitende verskeie kontrakte vir wapentuig, toerusting en kos, bly ’n geslote boek. Dit behoort nie die geval te wees nie,” sê Amutheu.
Ondanks onvoorspelbare internasionale markte en die algemene swak prestasie van ekonomieë wat op natuurlike hulpbronne wêreldwyd staatmaak, glo die CoD Namibië se ekonomie kan beter presteer as in die onlangse verlede.
Amutheu sê die swak bestuur van die ekonomie het die land met reuse- binnelandse en buitelandse skuld gelaat.
“Dit verg dringende en proaktiewe bestuur. Om hierdie rede behoort omsigtigheid die regering se wagwoord vorentoe te wees,” het Amutheu gesê.
Met die nuwe skooljaar op hande, het die CoD leerlinge aangemoedig om hul studies ernstig op te neem.
Die party bid ook vir voldoende reën vir voedselproduksie.
“Anders as baie ander, ondersteun ons die regering se voedselprogram en ander voedingskemas, omdat die voldoende inname van kalorieë armoede direk verlig. Maar ons moet ontslae raak van die tallose bedrieërs en ander onverdienstelike aanspraakmakers wat uit dié skemas voordeel trek en ons moet die programme landswyd uitbrei,” het Amutheu gesê.
Die CoD spreek ook die hoop uit dat daar vanjaar voortgebou sal word op die fondamente van demokrasie.
Om hierdie rede bly die party besorg oor die bestuur van verkiesings in die land.
Volgens die party skiet die verkiesingstelsel te kort aan aanspreeklikheid.
Samewerking om ’n deursigtige stelsel te skep, wat die mense se wil verteenwoordig, is hiervoor nodig.
Die CoD kon in die vorige nasionale verkiesing nie daarin slaag om ’n setel in die Nasionale Vergadering (NV) te verower nie.
Dit is die eerste keer sedert die verkiesingsnederlaag dat die party weer ’n nuusverklaring uitgereik het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie