Brian Finch maak drome waar!

Lloyd Zandberg
Die gewilde Suid-Afrikaanse musikant Brian Finch is 70 jaar oud, maar moenie toelaat dat dié ouderdom jou afsit nie.

Brian is al meer as 47 jaar lank in die musiekbedryf en vermaak steeds musiekliefhebbers met sy lirieke en melodieë. Soms word hy die Bob Dylan van Suid-Afrika genoem. Sy stem het 'n gevoel van eerlikheid.

Elke woord en elke akkoord het ’n spesifieke doel.

Brian het destyds saam met Kenny Henson bekendheid verwerf met hul album Free and Easy. Brian is uiters beskeie.

Daar word gesê hy behoort beroemd te wees, maar hy doen dit nie vir die roem nie.

Brian sing omdat dit sy lewe is en dit is juis die lewe waaroor hy sing.

Die gevoelens en idees wat hy deur sy musiek uitleef, is wat van hom so ’n briljante kunstenaar maak.

Brian gaan vanaand by die Bush Bar in Windhoek ’n spesiale vertoning vir ’n Duitse aanhanger lewer.

Vroeër vanjaar het Marion Finch, Brian se vrou en bestuurder, ’n e-pos van dr. Raymund Lösch ontvang.

Marion kon die e-pos nie verstaan nie, omdat dit in Duits geskryf is.

Hulle het Raymund gevra om dieselfde boodskap te vertaal en dan weer te stuur.

Na ’n gesukkel heen en weer het die boodskap uiteindelik by Brian en Marion uitgekom.

Raymund het in ’n dokumentêre program oor Namibië op Duitse televisie gesien hoe Brian musiek maak.

Hoewel Brian ’n Suid-Afrikaner is, tree hy gereeld in Namibië op.

Raymund was baie beïndruk met wat hy gehoor het en het kontak met Brian probeer maak. Toe kontak eers gemaak is, het Raymund genoem hy wou baie graag hê Brian moet vir hom ’n konsert hou.

“Dit is een van my drome en ek wil dit baie graag bewaarheid,” het Raymund vir Marion gesê.

Raymund het in daai stadium aan Marion genoem dat hy in September op reis deur Afrika gaan, en dat Namibië een van die plekke sou wees wat hy gaan besoek.

Hy het voorgestel die spesiale optrede moet deel van sy reis deur Namibië word.

Dit was toe dat Marion die konsert begin reël het.

Na ’n paar maande se logistieke onderhandelinge het die tyd vir die spesiale konsert aangebreek. Vanaand om 19:00 gaan Brian Raymund se droom waar maak.

Die publiek is welkom om die geleentheid by te woon. Toegang is gratis.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!