CAN se tydelike tuistes gaan staatskankerpasiënte huisves
In 'n poging om die huidige situasie by die Windhoek Sentrale Hospitaal aan te spreek weens die stygende aantal Covid-19 gevalle en die gevolglike behoefte aan beddens, het die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste en die Kankervereniging van Namibië (CAN) hande gevat om CAN se tydelike tuistes reg te kry om staatskankerpasiënte hier te huisves.
Dit beteken alle kankerpasiënte wat in Huis Acacia of die CHICA-tydelike tuiste gehuisves word, moet 'n negatiewe Covid-19-PCR-toets geldig vir 72 uur met hul aankoms toon. Die pasiënte moet ook alle Covid-19-protokol in plek volg, bykomend tot die rotasiestelsels wat tans in plek is om bestuur van pasiënte en ook sosiale afstand te verseker.
CAN hoop dié reëlings sal vir ten minste ses weke tydens die ergste koue in plek bly. Pasiënte wat nie dringende mediese sorg, behandeling of opvolgafsprake nodig het nie, word versoek om eerder tuis te bly en hul afsprake in Windhoek vir vanaf Augustus te herskeduleer. Vir meer inligting kan CAN by [email protected] of (061) 237740 gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie