Dagboek vir die landbouer
Dagboek vir die landbouer

Dagboek vir die landbouer

Ronelle Rademeyer
Varkprodusente hou inligtingsdag

Die Varkprodusentevereniging se jaarlikse ledevergadering vind vandag om 08:00 in die NLU-raadsaal plaas. Dit word gevolg deur ‘n inligtingsessie vir alle belangstellendes om 09:30. Borge vir die dag is PIC Suid Afrika en Feedmaster. Die tema is “Voer die wêreld: ‘n Langtermynbenadering”.

Beefmasters bied keurderkursus aan

Die Beefmaster Telersgenootskap bied ‘n junior keurderskursus aan op 17 Augustus om 08:00 op Wagnou aan die C22 noord van Gobabis. Die koste beloop N$500 per persoon, waarby etes en verversings, kursusmateriaal en die amptelike sertifikaat ingesluit is. Vir verdere navrae, kontak Kobus Human, 081 124 8173 of [email protected] of Wagnou Boerdery by 081 320 1013 of [email protected].

Oeskoning word aangewys

Mnr. Gerhard Engelbrecht van die plaas Hoba in die Grootfontein-distrik is aangewys as 2017 se oeskoning met ‘n fantastiese 9,7 ton per hektaar. Hy word gekroon tydens die jaarlikse Oesfees van die Grootfontein Boerevereniging op 19 Augustus 2017 by die skouterrein. Die program sluit ‘n aanbieding oor die weervooruitsigte vir die nuwe seisoen in. Ter ondersteuning van hierdie dag word borge benodig en instansies wat graag betrokke wil raak, kan die voorsitter van die Grootfontein Boerevereniging, mnr. Willem Enslin, kontak by [email protected].

Kursus vir Meatmaster-beoordelaars

Die Meatmaster Telersgenootskap bied kursusse vir beginner-, junior en senior beoordelaars aan op 24 en 25 Augustus in die BV-saal op Stampriet. Die aanbieder is Jean du Plessis en sy Suid-Afrikaanse span. Die koste beloop N$500 en ‘n deposito is betaalbaar. Vir verdere besonderhede, kontak Malinda Steyn: Tel 063 269 002, 081 333 2873 of [email protected].

Sportdag vir boereverenigings op Steinhausen

Steinhausen BV bied ‘n sportdag vir boereverenigings aan op 26 Augustus om 07:00 by Steinhausen. Die inskrywingsgeld beloop N$300 vir ‘n span van 8 lede. Die dag word met ‘n dans en kuier afgesluit. Die toegangsgeld is N$50 vir almal ouer as 12 jaar en N$20 vir kinders onder 12 jaar. Vir meer besonderhede, kontak Monika Rumpf by 062 561 423 of 081 333 1113.

Ope dag vir boere in Windhoek

Windhoek SLU hou ‘n Agri Ope Dag op 29 Augustus om 08:00 by die Windhoek Skouterrein. Die gasheer is Dordabis BV en gassprekers is die president van AgriSA, mnr. Johannes Möller, en die president van die NLU, mnr. Ryno van der Merwe. Verskeie demonstrasies en inligtingsessies word aangebied. Dit kos N$100 per persoon, waarby die middagete ingesluit is. Meld asb voor 24 Augustus aan by [email protected]. Vir navrae, kontak Dawid Krause by 081 124 9415.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!