Die misterie van George Pond
Tanja Bause - Op Lüderitz se skiereiland regoor Halifax-eiland staan ’n eensame graf.
Dit is die graf van ene mnr. George Pond en die bewoording op die grafsteen wat uit hou gemaak is, lui: “Here lies the body of George Pond of London. Died of honger and thirst - 1906”.
Die oorspronklike hout is sowat vyf jaar gelede deur vandale beskadig en ’n nuwe een is deur mnr. Andre Allan opgerig.
“Ek werk vir ’n diamantmynonderneming op Lüderitz en een van ons bote het naby Halifax onklaar geraak. Ek het gaan kyk wat fout is. Ons het verby die graf gery en gesien die hout is deur vandale beskadig,” het hy gesê.
Terug by die werkswinkel het hulle vir hul werkgewer van die graf vertel en gevra of hulle ’n nuwe houtbord kan maak.
“Hy het vir ons ’n foto van die oorspronklike houtbord gewys en gesê ons moet die oorspronklike woorde presies so op die nuwe bord graveer. Dit is wat ons gedoen het. Ek en JC Moolman het die nuwe houtbord op die oorspronklike plek gaan terugsit,” het hy gesê.
Die storie van George Pond self is nie duidelik nie hoewel baie stories ooreenstem. Een van die stories is dat hy uit Lüderitz verban is en hy op Halifax-eiland gaan woon het. Hy is glo deur die navorser ingeneem wat op die eiland gewoon het. Dieselfde navorser het ook glo die oorspronklike grafsteen gemaak.
“Die storie wat ek gehoor het, is dat hy ’n swerwer was en hy mense vir geld geteister het. Die mense van die dorp het moeg vir hom geraak en hulle het hom uit die dorp gedryf,” het Allan gesê. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie