Direkteur groet KAP nu00e1 6 jaar
Direkteur groet KAP nu00e1 6 jaar

Direkteur groet KAP ná 6 jaar

Nellie Brand-Jonker – Chris van Niekerk (71), die afgelope ses jaar ’n direkteur van KAP Industrial Holdings, het gesê dat hy hom nie weer verkiesbaar gaan stel nie.

Steinhoff besit ’n groot belang in KAP en Van Niekerk is bekend as ’n vriend van Markus Jooste wat skielik in Desember as uitvoerende hoof van Steinhoff bedank het.

Dit is nie seker of hulle steeds vriende is nie.

Van Niekerk, ’n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur, het ’n lang geskiedenis met KAP se onderliggende ondernemings.

Hy is in Mei 1998 as uitvoerende hoof van PG Bison aangestel en het die bestuursuitkoop van dié maatskappy gelei wat later in die KAP-groep ingesluit is.

Hy is ook ’n direkteur van ander maatskappye, soos Investec Equity Partners en Phumelela Gaming and Leisure.

Van Niekerk is beter bekend in perdewedrenkringe en is voorsitter van Cape Thoroughbred Sales (CTS). Hy het perde in vennootskap met Jooste se Mayfair Speculators besit.

Die wedren-webtuiste Sporting Post het in Januarie berig Van Niekerk het ’n emosionele toespraak op die jaarlikse Cape Premier Yearling-veiling gelewer. Volgens die webtuiste het Van Niekerk na die verlies van Jooste vir die wedrenbedryf verwys ná die ineenstorting van Steinhoff in Desember verlede jaar. “Die Franse generaal Napoleon Bonaparte het die volgende oor sy val te sê gehad: ‘Ek wou te veel hê. Ek het die boog te styf gespan. Ek het te veel in my eie geluk geglo,’ het Van Niekerk in sy toespraak gesê.

“Oor die afgelope ses weke het ons bedryf ’n woeste, veranderende tyd beleef. As jy vind dat jou grootste eienaar en koper van renperde in die land en jou kampioen-eienaar vir tien jaar agtereenvolgens, nou die arena verlaat, het dit meer as net ’n rimpeling as gevolg.”

KAP se akte van oprigting vereis dat iemand, wanneer hy 70 jaar oud word, moet uittree en moet besluit of hy herverkiesbaar sal wees. Van Niekerk het besluit om uit te tree en hom nie herverkiesbaar te stel nie.

Ook Danie van der Merwe, huidige waarnemende uitvoerende hoof van Steinhoff, het weens sy ander verantwoordelikhede besluit om hom nie herverkiesbaar as direksielid te stel nie. Van der Merwe is vanaf 2005 op KAP se direksie.

Die direksie het Van der Merwe bedank vir sy bydrae, veral vir die groot verkrygings wat die maatskappy sedert 2012 gedoen het.

Ook Van Niekerk is bedank vir sy wyse raad oor die jare.

KAP se aandeelprys is skerp afgetrek weens die gebeure in Desember by Steinhoff. Steinhoff moes ’n groot deel van sy belang in KAP verkoop om van sy skuld af te betaal.

Hoewel KAP se aandeelprys daarna herstel het, het dit in Julie tot ’n jaarlaagtepunt van R7,03 gedaal. Die aandeel het intussen weer ’n bietjie herstel, maar is steeds laer as die laagtepunt in Desember ná die Steinhoff-skandaal.

Die aandeelprys is nou byna 13% laer as ’n jaar gelede op R7,45.

KAP se jaarvergadering vind op 13 November om 14:00 by die Spier-wynlandgoed plaas. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.64 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.16 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 660.15/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.009 | Zinc US$ 3 012.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 73.99/BBP DOWN -0.0163 | Platinum US$ 989.11/OZ UP +0.08% #N/A