Dodetal in 2 reusestorms al byna 40
Twee afsonderlike storms saai tans verwoesting, en volgens kenners is die ergste nog op pad.
Petrus Malherbe – Die twee afsonderlike storms wat tans aan weerskante van die wêreld woed – Florence aan die Amerikaanse ooskus en Mangkhoet in die Filippyne – het reeds die dood van minstens 38 mense veroorsaak.
Florence, wat intussen afgegradeer is tot ’n tropiese storm eerder as ’n orkaan, het sedert Vrydag ontsettend baie reën oor die Amerikaanse deelstate Noord- en Suid-Carolina laat uitsak.
Die weerdiens het nóg reën en vloede vir gister voorspel.
Die dodetal staan reeds op 13, insluitend ’n baba wat in Wilmington, Noord-Carolina, dood is in haar ma se arms nadat ’n boom Vrydag op hulle geval het.
Owerhede in Noord-Carolina het intussen ’n waarskuwing uitgereik en motoriste op die interstaatlike 95-hoofweg gevra om nie deur die staat te ry nie, maar eerder meer wes deur Tennessee.
“Die een ding wat ek probeer vermy, is duisende mense wat op die hoofweë gestrand is,” het Jim Trogdon van die plaaslike departement van vervoer aan CNN gesê.
Henry McMaster, die goewerneur van Suid-Carolina, het gewaarsku dat die tropiese storm deur wydverspreide vloede gevolg gaan word in die komende dae namate riviere aanhou styg.
Teen Saterdag was byna 800 000 huise en besighede in albei state sonder elektrisiteit en reddingswerkers moes bontstaan om gestrande inwoners van huise se dakke en verspoelde paaie te red.
Owerhede in Fayetteville, ’n stad in Noord-Carolina en byna 150 kilometer van die kus, het die meer as 200 000 inwoners gevra om teen Sondag te ontruim weens vrese dat die Cape Fear- en Litte-riviere gaan oorstroom.
“Indien jy nie gehoor gee aan hierdie verpligte ontruiming nie, moet jy jou naasbestaandes laat weet, want lewensverliese is baie, baie moontlik,” het Mitch Colvin, die stad se burgemeester, op ’n nuuskonferensie gesê.
“Die ergste kom nog.”
Intussen is die tifoon Mangkhoet besig om op Hongkong af te peil nadat dit reeds die dood van minstens 25 mense in die Filippyne veroorsaak het.
Paaie is oorstroom en telefoonlyne is gesny, wat kommunikasie tussen gebiede bemoeilik. Daar word gevrees dat die dodetal skerp kan styg namate owerhede daarin slaag om meer gebiede te bereik.
Al die sterftes tot dusver is deur modderstortings in twee gebiede, Cordillera en Nueva Vizcaya, veroorsaak.
Inwoners in Hongkong het gister skuiling gesoek nadat owerhede daar ’n streng waarskuwing uitgereik het oor die inkomende storm.
Mangkhoet peil tans op die Chinese vasteland af met wind wat tot 205 km/h waai.
Meer as 550 vlugte vanaf Hongkong, Shenzhen en Guangzhou se lughawens is gekanselleer en meeste openbare vervoer in Hongkong is opgeskort tot verdere kennisgewing. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie