Duisende vir Krampe-skildery
Duisende vir Krampe-skildery

Duisende vir Krampe-skildery

Al 20 werke uit die kunsversameling van die Namibiese versamelaars, wyle Peter en Regina Strack, is tydens ‘n withandskoenverkoping in Kaapstad deur die afslaers Strauss & Co van die hand gesit.

‘n Withandskoenverkoping is ‘n bedryfsterm wat ‘n 100%-verkoopsyfer aandui, wat baie seldsaam in die afslaerbedryf is.

Die veiling het ook ‘n nuwe wêreldrekord vir ‘n werk van Fritz Krampe opgelewer. Dié kunswerk, wat in 1958 voltooi is, weerspieël ‘n toneel in ‘n dorpie, ‘n vrou wat pyp rook en ‘n vissersbootjie. Dit is teen R682 800 verkoop. Nog ‘n werk van Krampe, Cattle Frieze, wat in 1959 geskilder is, is teen R432 440 van die hand gesit.

Die Strack-versameling het oor baie dekades ontwikkel en bevat sleutelwerke deur vroeë Namibiese skilders soos Krampe, Adolph Jentsch, Axel Eriksson en Carl Ossmann.

Die vroegste werk wat opgeveil is, was Eriksson se landskaptoneel van Klein Spitzkoppe, wat uit 1921 dateer.

Jentsch, wat in Dresden gebore is, het in 1938 na Namibië verhuis en is ‘n sleutelfiguur in sy aangenome land se kunsgeskiedenis.

Bina Genovese, mede- besturende direkteur van Strauss & Co, het die Strack-versameling as die “belangrikste en omvattendste versameling Namibiese kuns” bestempel wat al in Suid-Afrika in die mark was.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!