u201c. . . ek gaan voor staan in die stakingsry, . . .u201d
u201c. . . ek gaan voor staan in die stakingsry, . . .u201d

“. . . ek gaan voor staan in die stakingsry, . . .”

SMS'e vir 6 Oktober 2016
Gerine Hoff
Baie geluk Bruce – jy het dit gedoen! Welgedaan, ons salueer jou, jy is my held.

Staatsbestuur van beste in Afrika? “What a joke!“ “Crime” blom, korrupsie blom en al die “parastatals” maak der miljoene verliese, kry “bailouts” en niemand word verantwoordelik gehou nie. Duisende ly honger en moet water aandra.

Ek is baie lief vir my werk as onderwyser en my hart gaan uit na die kinders wat sonder ons sal moet klaarkom, maarek gaan voor staan in die stakingsry, want al daardie kinders se ouers ry fênsie karre en bly in glashuise terwyl ek ’n huurmotor moet gebruik en in ’n buitewoonstel bly. Niemand kry my dan jammer nie . . .

Bravo vir stadspolisie om dronkbestuurders vas te vat! Hou so aan vir ALTYD! En maak sommer NAME bekend dat ons almal kan sien!

Ek lees met hartseer die voorbladberig oor die baba wat in toilet afgespoel was, die babas wat vermoor en weggegooi word. Dit is wel teen die wet, maar kan die ministerie van gesondheid dan nie agterkom hoeveel tienermeisies en vroue word verkrag wat swanger raak en verworpe voel wat tot dié gevolge lei nie? Kan Namibië nie ’n aborsiestelsel inbring nie? Ek weet dit is ’n groot sonde in God se oë, maar is dit nie nog ’n groter sonde om ’n lewende wese wat gevoelens ervaar, dood te maak nie? Ons moet die probleem vroegtydig demp eerder as wat die babas lewendig doodgemaak word, verwerp en weggegooi word. Ek lug maar net my mening.

SSC, wat maak jul met ons geld wat jul vir jare afgetrek het? As jy weens sekere redes bedank by die staat kry jy nie geld nie. Waarheen gaan daardie geld?

Ek wil net sê die onderwysers moet hulle se dag geniet . . . en hulle moet hulle se 8% kry, want hulle verdien dit.

Die padblokkades wat nou in Windhoek gehou word: Groot aksies op een oggend en die res van die dag is daar geen beampte te sien om die roekelose bestuur te hanteer, veral van taxi’s wat alles mag doen nie. Dan is daar weer die “LED”-ligte. Tot staatsvoertuie ry met “LED”-ligte. Mense, word wakker. Dit is nuwe tegnologie. Nuwe motors kom standaard daarmee uit.

“Struggle kids” voor en “struggle kids” agter. Wat van al die “struggle teachers?”

“What more do we as right-minded residents of Keetmanshoop need? The majority of the councillors are brand new but despite that achieve success. Whilst housing is crucial they implement that process, they are busy taking over all staff members of Selco and electricity.” So gee kans, want dis ook net vlees en bloed. Moenie bekommerd wees nie. Raadslede se afguns is ’n siekte “but trust the Lord” en “perform”. Julle is op die regte weg.

NamPower, ons in sekere areas in Katutura wag nog vir ons se “bulbs”.

Ja nee, skelms oral hier. Ook ’n skelm wat kamma huise en karre van “goverment” teen laer pryse opveil. Net ’n lieg. Dan soek hy nog deposito ook. Elke dag ’n ander storie. Almal in daai kantoor speel met hom saam – glo hulle vals name gegee. Hy werk glo in WHK-polisie. Al oplossing, want nou het hy kamma probleme om geld terug te gee.

Ai, hou op kla oor ongewenste diere langs die pad. Hou by die padreëls en regulasies. Hou op jaag asof die duiwel agter jou is. Ry deur Botswana dan praat ons van diere. Maar daar is gelukkig nog padreëls.

Kan enigiemand die aanwysbord vir Swakopmund in Usakos verf of vervang? Die lorriedrywers verdwaal in die nag.

Joos Platt, ek stem nie saam met jou kommentaar op FB dat kerke nie meer kerke is en ontaard het in besigheid nie. Jou ander stelling dat agter elke bos skop jy deesdae ’n pastoor uit, verskil ek ook mee. Dat daar te veel kerke elke dag op die been gebring word, kan mos net goed wees. Hoekom wil jy hê die regering moet dit beheer en reguleer? Jy is verkeerd deur te sê sjebeens en kerke maak oop. Dit is die enigste besighede wat floreer. Ek sal graag met jou ’n openbare debat hê.

Staatsamptenare verhuur hul huise en kry dan nog subsidie. Is dit nie ietwat onregverdig nie? Vra maar net.

Kan daar nie ’n kompetisie vir die vuilste dorp wees nie? Dan sal alles miskien verander.

Ek lees graag SMS’e. Al wat ek voorstel vir Gibeon is Joos Platt. Hier was wet en orde toe hy hier was. Dit was die veiligste dorp in die Suide. Geen misdaad. Bring hom terug Gibeon toe. Hy het Gibeon op die landkaart gesit.

“Hon” Shaningwa en die geagte president van onse land. Ek wil vra dat ACC die tender wat laasjaar in Mariental “Rural” vir Bernafay “resettlement”-plaas vir waterrehabilitasie toegeken is, ondersoek vanaf die allokasie tot waar dit onsuksesvol gaan staan het. Die kontrakteur is betaal, maar geen “penalties” is gehef en geen waarborg was betrokke en die kontrakteur is weg sonder om klaar te maak. Hardap “Regional Council” moet antwoord daarvoor.

Ek wil by enige tradisionele stamrade, “councillors”, “governors” of ministers weet dat as jou pa of ma onder die hooflid op die kommunale grond boer, maar by “Ministry of Lands” geregistreer is as ’n bona fide “settler/beneficiary on the abovementioned farm” en hy/sy kom te sterwe, mag sy/haar kinders wat geen heenkome het nie deur die hooflid met prokureurs uit die kamp gesit word? Is dit hoe dit op kommunale gebied werk? Kinders is agtergelaat met boerdery. Help asb!

ID van mnr. Rudi Innozenz van der Westhuizen opgetel. Kontak 081 470 7384.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!